Leesplan inligting

Bybelse Beginsels Om In Entrepreneurskap Te FloreerVoorbeeld

Biblical Principles To Thrive In Entrepreneurship

DAG 1 VAN 4

Jy moet passie hê






Ek was voorheen 'n passievolle skeptikus. Daarby bedoel ek dat ek gedink het, terwyl 'n onderneming die potensiaal het om geld te maak, kan jy die dryfkrag hê om geld te maak, sonder om enige passie vir die onderneming self te hê. 



Dit is egter baie, baie moeilik om te doen. Ek weet, want ek het dit probeer. Ek het met 'n onderneming begin wat in teorie goed gelyk het; en ek het die korrekte prosedures en riglyne gevolg om dit te vestig. Uiteindelik het die onderneming misluk. Hoekom? Ek het geen passie vir die onderneming self gehad nie. 



Passie skep genot vir wat jy doen en dit help jou om die op- en afdraandes in die sake-omgewing te oorleef. 



Passie verseker jou kliënte dat jy op die lange duur daar sal wees. Wanneer jy dus met hulle sake doen, sal jy jou allerbeste doen met die produkte of dienste wat jy lewer. 



Passie is aansteeklik en jou kliënte sal dit aanvoel. 



God het 'n Goddelike passie in jou vir 'n spesifieke sake-idee geplaas. Kom ons tree vandag passievol daaroor op. 



Passie is die eerste beginsel om in entrepreneurskap te floreer. Oor die volgende paar dae van hierdie leesplan, sal ons ondersoek instel na ander beginsels hoe om in jou Godgegewe sake-idee te floreer. 


Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

Biblical Principles To Thrive In Entrepreneurship

As God jou geroep het om 'n entrepreneur te wees, het Hy jou geroep om in die sakewêreld te floreer. Daar is egter 'n groot verskil tussen idees en om te floreer. As hierdie gaping nie oorbrug word nie, sal jy maklik gef...

More

Baie dankie aan “Church for Entrepreneurs” wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting, besoek gerus: http://churchforentrepreneurs.com/about/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid