Leesplan inligting

Ompaaie: Lesse Van JosefVoorbeeld

Detours: Lessons From Joseph

DAG 6 VAN 6

God Is in Beheer


Voorsienigheid is een van die belangrikste dinge wat jy in jou Christelike ervaring moet weet. Die eerste belangrikste is natuurlik die evangelie. Jy moet weet hoe om tot geloof in Jesus Christus te kom vir jou ewige bestemming deur die vergifnis van jou sondes. 


Maar ná die waarheid van verlossing, is die tweede belangrikste ding wat jy in jou Christelike lewe moet weet, hierdie konsep van voorsienigheid. Voorsienigheid is die hand van God in die handskoen van die geskiedenis. 


1 Timoteus 6:15 herinner ons daaraan dat God die heerser oor alles is en alles in sy perfekte tydsberekening laat gebeur. Ons lees: “Sy verskyning sal op die bestemde tyd plaasvind. Daarvoor sorg God, die goeie en enigste Heerser, die Koning van die konings en die Here van die heersers.”


God se soewereiniteit beteken dat Hy die absolute heerser, beheerder en onderhouer van sy skepping is. Hy is die Een wat die finale sê het. Niks, absoluut niks, sit buite God se soewereiniteit nie. Daar is geen gebeure waaroor Hy nie regeer nie. Daar is geen situasies wat gebeur wat Hy nie skep of toelaat nie. 


Jou baas het nie die laaste sê nie.  


Jou huweliksmaat het nie die laaste sê nie. 


Jou ouers het nie die laaste sê nie. 


Jou gesondheid het nie die laaste sê nie. 


Selfs jy het nie die laaste sê nie. 


God het hierdie wêreld en alles wat daarin is geskep — en Hy heers oor alles. Só weet ons ompaaie is altyd tot ons beswil. 


 


As jy belangstel om meer te wete te kom oor die Detours Bible Study by Dr. Tony Evans, besoek asseblief LifeWay.com/Detours.
 


Dag 5

Aangaande hierdie leesplan

Detours: Lessons From Joseph

In hierdie leesplan gebruik Dr. Tony Evans die ontsagwekkende geloof, lewe en loopbaan van Josef om te onderrig dat God meer belangstel in jou ontwikkeling as in jou aankoms. Soos met Josef, 'n ontvoerde seun wat tot sla...

More

Ons wil graag vir LifeWay bedank vir die voorsiening van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.lifeway.com/en/product-family/detours?vid=detours

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid