Leesplan inligting

OnverwagsVoorbeeld

Unexpected

DAG 5 VAN 14

Vrees kom nie van God af nie, en dit is nie meer kragtig as God nie. Tog het Hy geweet dit sal kom om ons vrede te steel, nie net een of twee keer nie, maar voortdurend, regdeur ons lewe. Dus het God in sy groot genade en getrouheid vir ons 'n manier voorsien om toegerus te wees om die gevolge te oorkom en in geloof te wandel. Hy het ons drie wapens gegee om op staat te maak wanneer ons aangeval word: "Want God het ons nie 'n gees van lafhartigheid gegee nie, maar van krag, liefde en selfbeheersing (2 Timoteus 1:7, NLV). 

Hierdie vers toon duidelik vir ons dat vrees 'n gees is, en dit is nie van God nie. So elke keer wanneer vrees ons probeer vasgryp, is dit die vyand wat ons probeer onderkry en ons bangmaak om God te vertrou. Maar die gees van vrees is geen gelyke vir die Gees van God wat binne-in ons woon nie — die Een wat ons krag, liefde en 'n gesonde verstand gee. Ons kan op Hom staatmaak, op Hom reken en in vrede wandel te midde van vrees en angs, want Hy wat in ons is, is groter as enigiets of enigiemand wat ons teenstaan. 


Wanneer ons op die Heilige Gees staatmaak, kan ons moedhou, want ons veg nie alleen nie. Ons veg die goeie stryd van geloof in God se krag, deur nie te fokus op vrees nie en te probeer om dit in ons eie krag te verslaan nie, maar deur op God te vertrou, wetende dat Hy getrou is. Deur staat te maak op die krag, liefde en gesonde verstand wat Hy ons gegee het. 


Ek het besef, dat hoe meer ek my Hemelse Vader vertrou, hoe meer vrees in my hart en in my verstand verslaan word. As ek meer fokus op God, as op 'n onverwagse omstandigheid, dan is dit God wat die grootste in my hart en gees sal wees, en vrede sal my uitkoms wees.


God se Woord beloof ons dat die pad wat Hy ons gegee het, opwaarts kronkel, nie afwaarts nie, maar ons moet Hom groter maak, sodat ons geestelik, emosioneel en fisies op daardie pad kan bly.


Aangepas uit "Unexpected: Leave Fear Behind, Move Forward in Faith, Embrace the Adventure" deur Christine Caine. Kopiereg © 2018 deur Christine Caine. Herdruk met toestemming van Zondervan Uitgewers. Alle regte voorbehou.


Dag 4Dag 6

Aangaande hierdie leesplan

Unexpected

Dit is tyd om vrees agter te laat, vorentoe te beweeg in geloof en om die avontuur aan te gryp. Deur hierdie 14-dae leesplan sal jy jou geloof in 'n goeie God versterk en leer om in die vreugdevolle vryheid van volkome v...

More

Ons bedank graag Christine Caine vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek gerus: http://www.christinecaine.com/unexpected

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid