Leesplan inligting

OnverwagsVoorbeeld

Unexpected

DAG 14 VAN 14

Die enigste manier om die beloftes van God te besit, te verkry en te begryp - insluitend enige woorde, doelwitte, planne, drome of visioene wat Hy in ons harte geplaas het — is deur geloof en geduld, net soos die skrywer van Hebreërs ons vertel het: "Julle moet dus nie traag word nie, maar die voorbeeld navolg van dié wat deur geloof en geduld deel gekry het aan die dinge wat God beloof het." (Hebreërs 6:12)


Miskien het jy 'n droom, 'n doel, 'n plan waaraan jy al jare lank werk en jy voel dat God jou vergeet het. Wat dit ook al is, God het nie van jou vergeet nie. Die drome, visioene en planne wat God in ons harte plaas, neem tyd, baie tyd. En gedurende daardie tyd werk God in ons sodat Hy deur ons kan werk. Ons deel is om geloof en geduld uit te oefen. Geloof is om God te glo, te glo dat God is wie Hy sê Hy is en dat Hy sal doen wat Hy gesê het Hy sal doen. Geduld is ons vermoë om vertragings te verdra, ons vermoë om te wag. Dit is vertroue dat God goed is, God goed doen, en God weet wat hy doen, maak nie saak hoe lank dit duur of wat ons doel is nie. 


Ons word almal geroep vir die onverwagse, en dit sal altyd geloof neem om dit deur te sien, maar as ons deur die geloof vorentoe beweeg, sal God altyd vir ons veg en wonderwerke doen. Kom ons erken wat God vir ons doen, die deure wat Hy vir ons oopmaak, die planne wat Hy vir ons maak. Kom ons erken sy bonatuurlike krag wat in ons lewens aan die werk is. Hy sal altyd 'n weg maak waar daar geen weg is nie, al is dit dalk nie wat ons verwag het nie. Hy sal altyd ons gehoorsaamheid eer. In alles wat God my geroep het om te doen, het die wonderwerke plaasgevind nadat ek in geloof opgetree het, nadat ek in gehoorsaamheid uitgegaan en Hom vertrou het.


Ek weet nie wat jou doel is nie, maar ek weet dat jy een het. Ek weet nie waarvoor God jou geroep het nie, maar ek weet dat jy 'n bestemming het. En ek weet, in elke stadium van jou reis, sal jy jouself in 'n onmoontlike plek bevind met 'n besluit om te maak wat jou van vrees laat ineenkrimp en in geloof laat opstaan. Een sal jou hou waar jy is en die ander sal jou na jou toekoms neem. 


Deur Christine se nuutste boek, Unexpectedte lees, kan jy dieper delf in hierdie boodskap van bonatuurlike vrede en volkome vertroue in God, selfs wanneer die lewe 'n onverwagse wending maak. Leer meer hieroor hier


Aangepas uit"Unexpected: Leave Fear Behind, Move Forward in Faith, Embrace the Adventurer deur Christine Caine. Kopiereg © 2018 deur Christine Caine. Herdruk met toestemming van Zondervan Uitgewers. Alle regte voorbehou.


Dag 13

Aangaande hierdie leesplan

Unexpected

Dit is tyd om vrees agter te laat, vorentoe te beweeg in geloof en om die avontuur aan te gryp. Deur hierdie 14-dae leesplan sal jy jou geloof in 'n goeie God versterk en leer om in die vreugdevolle vryheid van volkome v...

More

Ons bedank graag Christine Caine vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek gerus: http://www.christinecaine.com/unexpected

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid