OnverwagsVoorbeeld

Unexpected

DAG 13 VAN 14

Ek het geleer dat elke tydperk van verandering — om aan te pas by die onverwagse — 'n geleentheid is om meer van ons beheer te verloor en meer op God te vertrou. Dit is maklik om te glo dat die plan wat ons vir ons lewens gemaak het die regte een is en dit dan ongestoord na te jaag. Dit is egter so belangrik om Hom te vertrou, selfs wanneer ons eerlikwaar nie wil nie. Dit versterk ons harte en hou ons op 'n plek waar ons met verwagting leef dat die onverwagse kan gebeur. Om al die goeie te verwag wat God vir ons in elke ervaring beskikbaar het. Om gewillig te wees om iets nuuts te waag. Om te lewe met 'n gelowige perspektief; 'n perspektief wat God ten volle vertrou, ongeag wat gebeur.

Geloof beteken om die waarheid in die Woord van God te glo in plaas van die feite wat met ons omstandighede verband hou, is nie meer gefokus op hoeveel jare verloop het nie, wat nie gewerk het nie en wat onmoontlik voel nie. Dit is waar ons soos koning Dawid moet optree toe hy net 'n seun was en die reus Goliat met net 'n slinger en vyf gladde klippe doodgemaak het. 

Goliat het slegs met feite tot die stryd toegetree: "Toe hy vir Dawid sien, het die Filistyn hom met minagting aangekyk omdat hy jonk was, met 'n rooi gelaatskleur en 'n mooi voorkoms. Die Filistyn het vir vir Dawid gesê: 'Is ek 'n hond dat jy met kieries na my toe kom?' Hy het Dawid toe in die naam van die Filistynse gode vervloek. Verder het die Filistyn vir Dawid gesê: 'Kom 'n bietjie hier dat ek jou vleis vir die roofvoëls en vir die wilde diere kan gee'" (1 Samuel 17:42-44).

Dawid het opgedaag met die waarheid. "Maar Dawid sê vir die Filistyn: 'Jý kom na my toe met 'n dolk en 'n spies en 'n swaard, maar ék kom na jou toe in die Naam van die Here die Almagtige, die God van die linies van Israel, wat jy verkleineer het. Vandag sal die Here jou in my mag oorgee sodat ek jou kan verslaan en jou kop van jou lyf afkap. Dan sal ek vandag nog die lyke van die Filistynse laer vir die roofvoëls en vir die wilde diere gee, sodat die hele wêreld kan besef dat Israel 'n God het'" (1 Samuel 17:45-46).

Dawid was hoopvol, en het die reus verslaan omdat hy die Woord van die Here geglo het eerder as die intimiderende bespotting van Goliat. Hy het besef wat God wil hê ons moet verstaan: die feite kan verander, maar die waarheid nooit nie. Die waarheid alleen het die mag om ons te help om van hopeloos na hoopvol te beweeg en getrou en vol geloof te lewe.

Aangepas uit "Unexpected: Leave Fear Behind, Move Forward in Faith, Embrace the Adventure" deur Christine Caine. Kopiereg © 2018 deur Christine Caine. Herdruk met toestemming van Zondervan Uitgewers. Alle regte voorbehou.

Aangaande hierdie leesplan

Unexpected

Dit is tyd om vrees agter te laat, in geloof vorentoe te beweeg en om die avontuur aan te gryp. Met behulp van hierdie 14-dag leesplan gaan jy jou geloof versterk in 'n God wat goed is en leer om in die vreugdevolle vryheid van volkome vertroue in Hom te leef, selfs in onverwagte omstandighede. 

More

Ons bedank graag Christine Caine vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek gerus: http://www.christinecaine.com/unexpected