Leesplan inligting

'n Saak Vir Die Opstanding Van ChristusVoorbeeld

Case For The Resurrection Of Christ

DAG 1 VAN 4

Opstanding van Christus - Volgens die Reëlboek 



Ek onthou 'n verhaaltjie wat eenmaal vertel is deur die bekende evangelis, Prakash Yesudian, wat nou oorlede is. Dit handel oor 'n gesprek wat hy met 'n vriend gehad het toe dié hom oor sy praatjie "Die Uniekheid van Christus" uitgevra het. Die vraag wat die vriend geopper het was: "As ek vir jou sê: 'Ek is die weg, die waarheid en die lewe', sal jy in my begin glo?" Yesudian se reaksie op hierdie vraag was: "Ja, op die voorwaarde dat jy gekruisig is, gesterf het en drie dae later opgestaan het!" Ek glo wat Yesudian eintlik gesê het, is om bloot aanspraak op die waarheid te maak, nie 'n bewys van die waarheid is nie. Dit beteken, enige aanspraak op die waarheid, moet ondersteun word deur afdoende bewyse. Net so het Jesus aanspraak gemaak om die enigste weg na God te wees en sy opstanding uit die dood is die "bewys" daarvan. "want Hy het 'n dag bepaal waarop Hy regverdig oor die wêreld gaan oordeel deur 'n Man wat Hy uitgekies het. As bewys daarvan vir almal, het Hy Hom uit die dood laat opstaan" (Handelinge 17:31).



Deesdae is daar baie mense wat krities is oor die aanspraak van Jesus Christus. Hul beswaar is dat die opstanding nie wetenskaplik bewys kan word nie (soos 'n toets in die laboratorium), dus is dit onwaar. Hulle vergeet gerieflikheidshalwe van ander wetenskaplike rigtings soos "forensiese wetenskap" wat aangewend word om die waarheid oor gebeure wat in die verlede plaasgevind het, te ondersoek (bv. moord of diefstal) of gebeure van historiese belang. In so 'n geval word na "empiriese bewyse" verwys omdat hierdie versamelde bewyse 'n uiters beduidende rol speel om navorsers te help om vas te stel wat werklik in die verlede gebeur het. Vanuit 'n regsperspektief, gee meer bewyse 'n groter kans om die geval op te los.



Dis interessant dat Jesus in sy toespraak oor sy roeping om God aan die mens te openbaar, presies so 'n uitnodiging aan almal gerig het wat moontlik sy "woorde" in twyfel trek, om dan minstens sy werke te beoordeel. "Glo in My omdat Ek in die Vader is en die Vader in My; of anders, glo op grond van die werke self" (Johannes 14:11). Daar is baie soortgelyke bewyse in die Bybel. As ons daarna deur die lens van forensiese wetenskap sou kyk, sal ons ontdek dat die opstanding van Christus op 'n stewige fondament gevestig is. Dus, Jesus se aanspraak dat Hy die Messias is, verwys na die waarheid van die opstanding as die empiriese bewys wat ons dalk opeis; en dit is die fondament waarop die Christelike geloof uiteindelik staan of val. "En as Christus nie opgewek is nie, is ons prediking sonder inhoud en julle geloof ook sonder inhoud." (1 Korintiërs 15:14).


Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

Case For The Resurrection Of Christ

Die doel is om afdoende bewyse en argumente ten gunste van die opstanding van Christus te verskaf. Hierdie argumente is daarop gemik om vrae te beantwoord wat deur skeptici en waarheid soekers gevra word. Ek glo egter da...

More

Ons wil graag vir Balajied Nongrum Spreker, Opleier en RZIM Indië, bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir verdere inligting, besoek asseblief: http://rzimindia.in/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid