Leesplan inligting

Nie Oortuig: Verkenning van Geloof as `n Skeptiese PersoonVoorbeeld

Nie Oortuig: Verkenning van Geloof as `n Skeptiese Persoon

DAG 5 VAN 7

Miskien het jy al gehoor dat Jesus beskryf word as “die Lam van God”. Dit is een van daardie kerkfrases wat vir meeste van ons nie sin maak nie. Maar die storie agter hierdie spesifieke frase sal ons help om te verstaan hoekom Jesus moes sterf en wat dit met jou te doen het.

Toe Moses van Sinaï afgekom het met God se reëls, het die Israeliete ontdek dat God voorsiening gemaak het vir sonde, dit ingesluit het. Wanneer `n Israeliet een van die reëls gebreek het, was hy verplig om `n dier te offer. Dit was `n versoening vir — of het opgemaak vir — die sonde wat gepleeg is. Dit was `n bloedige, maar kragtige herinnering aan die koste van sonde en die nodigheid vir vergifnis.

Hierdie Joodse tradisie is waarna Johannes die Doper verwys het toe hy — terwyl hy op `n dag in die Jordaan gedoop het – vir Jesus gesien en verklaar het: “Kyk, daar is die Lam van God, wat die sonde van die wêreld wegneem.”

Johannes het aan sy gehoor vertel: Kyk! God het `n lam voorsien wat die finale offer vir ons sonde is. Deur sy vrywillige dood, sou Jesus die offer wees wat versoening vir die sonde van elke man en vrou sou bring, eens en vir altyd — geen diere meer benodig nie.

Dit is `n vereiste wat Jesus self bevestig het die nag voor Hy gearresteer en doodgemaak is. Terwyl Hy aandete gehad het saam met sy volgelinge, het Jesus gesê die brood en die wyn verteenwoordig sy liggaam en bloed, wat vir hulle onthalwe geoffer sou word. Hy het dit beskryf as `n “nuwe verbond”, bedoelende dat daar binnekort `n nuwe manier sou wees om vergifnis te kry. Dit is groot nuus vir jou.

Meeste van ons dra herinneringe aan dinge wat nooit enigiets anders as skaamte en spyt sal ontlok nie. Daar is hoofstukke van ons lewe waarheen ons sal wil teruggaan om dit oor te doen. Daar is slegte besluite wat nie maar net foute was nie. Dit was sonde.

Deur Christus, het God jou skuld gekanselleer. Die sonde waarvoor jy probeer het om op te maak, te betaal, en verlossing voor wou vind, is reeds voor opgemaak, voor betaal, en jy ís daarvan verlos. Dit het twee duisend jaar gelede gebeur toe die Lam van God die sonde van die wêreld weggeneem het — joune ingesluit.

God het gedoen wat jy nie kon doen nie. Jesus het jou skande en spyt geneem en dit weggedra. Wanneer jy jou geloof in Christus plaas, skuld jy nie meer vir God enigiets vir die reëls wat jy gebreek het nie. Daardie soort persoonlike vergifnis vir jou persoonlike sonde mag die beste beginpunt wees vir jou persoonlike geloof.

Dag 4Dag 6

Aangaande hierdie leesplan

Nie Oortuig: Verkenning van Geloof as `n Skeptiese Persoon

As jy skepties is oor Ou-Testamentiese stories wat soos feëverhale klink, of vasgeval het in die reëls wat saam met godsdienstigheid kom, is hier goeie nuus: om Jesus te volg vereis geloof, maar nie die geloof in `n boek...

More

Ons wil graag North Point Ministries bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek gerus: https://www.startingpoint.com/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid