Leesplan inligting

Nie Oortuig: Verkenning van Geloof as `n Skeptiese PersoonVoorbeeld

Nie Oortuig: Verkenning van Geloof as `n Skeptiese Persoon

DAG 4 VAN 7

Ons almal het `n liefde-haat-verhouding met reëls. Aan die een kant, voorsien reëls struktuur en voorspelbaarheid. Aan die anderkant, beperk dit ons vryheid om te doen wat ons wil, wanneer ons wil. Die probleem met godsdienstige reëls is dat dit gewoonlik in teenstelling staan met die menslike natuur. Dit maak die volg daarvan baie moeilik. En ons aanvaar dat wanneer ons nie die reëls volg nie, God ons verwerp. Maar is dit regtig waar?

Om dit te kan antwoord, kom ons kyk na twee verskillende scenarios waar daar van jou verwag word om die reëls te volg. Toe jy grootgeword het, het jou ouers waarskynlik reëls gehad vir jou. Tog, op die dag wat jy gebore is, het jou ma nie daardie reëls aan jou voorgehou voordat sy jou styf teen haar vasgedruk het nie. In `n familiemodel kom die verhouding voor die reëls.

Nou dink nou aan `n gesondheidsklub, `n gholfklub, of selfs die aanvaarding van `n nuwe werk. Stap een is die ondertekening van `n kontrak waarin jy onderneem om by die groep se reëls te bly. In `n klubmodel kom die reëls voor die verhouding — instemming daartoe kom eerste en die breek van die reëls sal gewoonlik meebring dat jy uitgeskop word.

So watter van hierdie modelle weerspieël die manier waarop God werk? Die antwoord is opgesluit in die mees bekende reëls van die geskiedenis, die Tien Gebooie.

Eerstens bietjie konteks: die afstammelinge van Abraham (God se uitverkore man) het die nasie Israel (God se uitverkore mense) geword. Om hongersnood vry te spring, het hulle na Egipte gemigreer waar hulle vir vier honderd jaar as slawe gewerk het. Moses het hulle uiteindelik uit slawerny uitgelei en dit was op hulle lang reis terug huis toe wat hulle kamp opgeslaan het by Sinaï, waar Moses God se reëls ontvang het.

Die volgorde van daardie gebeure is belangrik. Dit beantwoord die vraag of God in ooreenstemming met `n familiemodel of `n klubmodel optree. God het sy mense van slawerny bevry. Toe het Hy sy reëls vir hulle gegee.

Net om seker te maak ons mis dit nie, hier is die inleidende sin van die Tien Gebooie voor ons oor enige van die reëls praat: “Ek is die Here jou God, wat jou uit Egipte, uit die plek van slawerny, bevry het.” Van die heel begin af, het God die familiemodel gebruik. Verhouding eerste, reëls tweede.

Dit was waar vir die nasie van Israel en dit is waar vir jou. Dit is wat ons vandag lees in Johannes 1:12: “Maar aan almal wat Hom aangeneem het, dié wat in Hom glo, het Hy die reg gegee om kinders van God te word.” Het jy daardie laaste woorde gehoor? “Kinders van God.” Nie “lede van die klub” nie. Kinders.

Dag 3Dag 5

Aangaande hierdie leesplan

Nie Oortuig: Verkenning van Geloof as `n Skeptiese Persoon

As jy skepties is oor Ou-Testamentiese stories wat soos feëverhale klink, of vasgeval het in die reëls wat saam met godsdienstigheid kom, is hier goeie nuus: om Jesus te volg vereis geloof, maar nie die geloof in `n boek...

More

Ons wil graag North Point Ministries bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek gerus: https://www.startingpoint.com/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid