Leesplan inligting

Nie Oortuig: Verkenning van Geloof as `n Skeptiese PersoonVoorbeeld

Nie Oortuig: Verkenning van Geloof as `n Skeptiese Persoon

DAG 6 VAN 7

Ons lewe in `n wêreld wat prestasie beloon. Beantwoord die vrae reg en jy slaag. Beantwoord hulle verkeerd en jy misluk. Kry die hoogste puntetelling en jy wen. Teken een minder aan en jy verloor. Daar’s geen manier om dit te ontken nie: prestasie maak saak.

Hierdie prestasie-geörienteerdheid kan ons aannames oor God vorm. Wanneer jy vir mense vra om te beskryf wat hulle dink `n mens moet doen om aan God se goeie kant te kom, of daar te bly, kry jy `n gedragslys – godsdienstige prestasies. Byna elke aspek van die lewe werk so. Hoekom sou dit nie dieselfde wees met God nie?

Kom ons kyk weer na hoe God ons sondes vergewe. Paulus gee vir ons `n herhaling in vandag se teksgedeelte in Efesiërs. “Julle is inderdaad uit genade gered, deur geloof ... nie deur julle eie verdienste nie … ” Ons begin ons verhouding met God deur `n uitdrukking van geloof. Maar so baie van ons gly dadelik terug in `n veroordeling van ons waardigheid “deur werke” — van hoe goed of sleg ons die reëls navolg. Ou gewoontes sterf moeilik.

So, hoe is ons veronderstel om hierdie spanning tussen reëls en verhouding uit te sorteer? In elk geval, elke groot geloofstradisie leer dat hul navolgers die reëls moet nakom. Maar as die verbreking van die reëls ons nie uit God se familie sal skop nie, hoekom enigsins probeer?

Kom ons veronderstel jy veroorsaak `n klein ongeluk en die ander bestuurder maak dit af as onbelangrik, sonder om `n versekeringseis teen jou in te stel. Of die persoon agter jou in die ry betaal vir jou koffie nadat jy agtergekom het jy het jou beursie vergeet. Stel jouself nou voor dat die persoon wat jou uitgehelp het sê: “Ek wil nie enigiets in ruil hê nie. Doen eenvoudig net vir iemand anders wat ek vir jou gedoen het.” Die kans is goed dat jy onmiddelik sal begin uitkyk vir `n geleentheid om die guns vorentoe te “betaal”.

Met dit in gedagte, oorweeg hoe Johannes die Christelike lewe opsom: “Ons het lief omdat Hy ons eerste liefgehad het.” Ons behoort op te tree vanuit die oorvloei van ons dankbaarheid vir hoe God teenoor ons opgetree het. Ons gehoorsaam nie om enigiets te kry nie. Ons gehoorsaam as gevolg van alles wat ons alreeds ontvang het. Ons betaal dit vorentoe. Een honderd present van die “moet doen’s” in die Christelike geloof is reaksies op wat God reeds “gedoen” het vir jou.

Dag 5Dag 7

Aangaande hierdie leesplan

Nie Oortuig: Verkenning van Geloof as `n Skeptiese Persoon

As jy skepties is oor Ou-Testamentiese stories wat soos feëverhale klink, of vasgeval het in die reëls wat saam met godsdienstigheid kom, is hier goeie nuus: om Jesus te volg vereis geloof, maar nie die geloof in `n boek...

More

Ons wil graag North Point Ministries bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek gerus: https://www.startingpoint.com/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid