Leesplan inligting

Vrees en Angs - Leer om te Oorwin met God se WaarheidVoorbeeld

Vrees en Angs - Leer om te Oorwin met God se Waarheid

DAG 9 VAN 41

Lees: Psalms 55:5-6, Psalms 94:19


SOAP: Psalms 94:19


Die Nasionale Instituut vir Geestesgesondheid verklaar dat kroniese spanning verskeie areas negatief kan beïnvloed, insluitende jou immuun-, spysvertering-, senuwee- en voortplantingstelsels. Mense wat langtermyn spanning ervaar, kan meer gereeld siekte of pyn ervaar.


Dawid, die koning wat bekend gestaan het as 'n man na God se eie hart, was nie immuun teen angs nie. Hierdie gesalfde koning het jare lank van koning Saul weggehardloop en in grotte geskuil omdat sy lewe bedreig was. Dawid het niks gedoen om Saul se jaloesie of aggressie te verdien nie. Hy was die slagoffer van Saul se eie sondigheid. Maar selfs in Dawid se donkerste oomblikke het hy na God gekyk vir sy vreugde en sy krag.


Wat Dawid 'n man na God se hart gemaak het, was sy vermoë om sy verhouding met God bo alles anders te prioritiseer. Ons leer uit Dawid se lewe dat ons nie tye van vrees kan ontsnap nie. Maar, in daardie tye kan ons na God kyk om ons troos en ons vreugde te wees. God sal altyd in ons moeilike tye saam met ons wees.


Soms gooi die lewe dinge na ons kant toe wat onverwags is. Miskien ontstaan ​​hierdie omstandighede nie uit ons eie beplanning nie. In hierdie tye kan daar fisiese, emosionele en geestelike pyn wees. Maar ons dien 'n Verlosser wat die pyn namens ons geneem het en wat ons laste wil deel. Ons het 'n hemelse Vader wat ons troos en vir ons vreugde bring wanneer ons beangs en oorweldig is.


Hemelse Vader, dankie dat U my troos en vreugde is. Op die dae wanneer ek oorweldig is, help asseblief om my pyn te dra. Wanneer ek swak is, wees U asseblief my krag. Wanneer woorde ontbreek, tree asseblief namens my in. Help my asseblief om diegene wat my seergemaak het, te vergewe en maak my bewus van die tye wanneer ek ander seergemaak het. In die Naam van Jesus. Amen.

Dag 8Dag 10

Aangaande hierdie leesplan

Vrees en Angs - Leer om te Oorwin met God se Waarheid

Voel die lewe somtyds oorweldigend? Soek jy verligting van die vrees en angs? Ons gaan ontdek wat God in sy Woord sê oor vrees en angs. Ons sal leer hoe ons dit kan oorwin deur die krag van sy Woord. Deur na God te kyk o...

More

Ons wil graag Love God Greatly Afrikaans bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek gerus: http://lovegodgreatly.com

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid