Leesplan inligting

Vrees en Angs - Leer om te Oorwin met God se WaarheidVoorbeeld

Vrees en Angs - Leer om te Oorwin met God se Waarheid

DAG 11 VAN 41

Lees: Romeine 8:1-4


SOAP: Romeine 8:1


In oomblikke van vrees of angs, ervaar ons soms skuld wanneer ons ons gemoedstoestand beken. Welmenende vriende moedig ons aan om meer geloof te hê, wat ons net erger laat voel. Skande en frustrasie begin ons strewe na egtheid en vrede verswak.


Die Skrif bied aanmoediging vir wanneer ons ons gevoelens van ontoereikendheid begin veroordeel. Paulus praat oor die vryheid wat gelowiges deur Christus het. Hy verklaar dat daar geen veroordeling is vir enigiemand wat aan Jesus behoort nie. Hierdie is woorde van lewe en hoop. God sit nie op sy troon as die Hoof Aanklaer en wag om ons te oordeel en te vonnis vir elke misstap nie. Deur sy genade en liefde het Hy sy Seun gestuur om ons van sonde en die dood vry te maak. Daarom kan ons na Hom toe gaan wanneer ons geteister word.


Hoe het jy gedagtes van veroordeling of skaamte ervaar as gevolg van 'n seisoen van vrees of angs in jou lewe? Was jy in staat om daardie ervaring te gebruik om nader aan Jesus te beweeg? Die Here wil hê dat ons na Hom toe moet kom net soos ons is. Jesus het ons die vryheid gegee om dit moontlik te maak.


Hemelse Vader, dankie dat U my uit genade die vryheid gee om tot U te nader. Ek prys U vir u onwrikbare liefde. Dankie vir u Seun wat in my plek gesterf het. Here, help my om u guns teenoor my te sien wanneer ek skaamte voel. Mag u Gees my steeds op die pad na vrede lei. In die Naam van Jesus. Amen.

Dag 10Dag 12

Aangaande hierdie leesplan

Vrees en Angs - Leer om te Oorwin met God se Waarheid

Voel die lewe somtyds oorweldigend? Soek jy verligting van die vrees en angs? Ons gaan ontdek wat God in sy Woord sê oor vrees en angs. Ons sal leer hoe ons dit kan oorwin deur die krag van sy Woord. Deur na God te kyk o...

More

Ons wil graag Love God Greatly Afrikaans bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek gerus: http://lovegodgreatly.com

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid