Leesplan inligting

Vrees en Angs - Leer om te Oorwin met God se WaarheidVoorbeeld

Vrees en Angs - Leer om te Oorwin met God se Waarheid

DAG 2 VAN 41

Lees: Spreuke 1:33, Spreuke 3:25-26, Lukas 6:46-49


SOAP: Spreuke 1:33


Dit blyk dat elke keer as ons die nuus aanskakel, daar nog 'n katastrofe iewers plaasgevind het. Vrees sou 'n natuurlike reaksie op die verskillende rampe soos vloed, vuur, aardbewings en oorlog gewees het. Wanneer ons na die Skrif kyk, wys die Here vir ons dat Hy ons vertroue is. Hoewel Hy ons nie vrywaar van rampe nie, verseker Hy ons, as gelowiges, dat ons met Hom as ons fondament, in staat sal wees om die ergste te verduur.


Jesus het 'n gelykenis vertel van 'n man wat sy huis op ‘n rots gebou het. In hierdie gelykenis het die man deur die sand gegrawe totdat hy die rots getref het. Toe die storm kom, het sy huis ongeskonde bly staan. As gelowiges moet ons dieper as die oppervlak van geloof grawe en die grondslag van ons geloof, wat Christus is, bereik. Slegs dan sal ons die beproewinge oorleef wat ons tot in ons kern skud.


Is daar enige areas in jou lewe waar jy voel jy het nie die nodige vertroue nie? Wanneer ons versekering nodig het, moet ons onthou dat die Here ons vertroue is en dit is Hy wat ons sal help om, ondanks ons omstandighede, onwankelbaar te bly. Hoe help die bou van jou fondament op Christus om te verseker dat jy nie met vrees oorval word nie?


Hemelse Vader, dankie dat U vir my Christus as fondament gegee het waarop ek my geloof kan bou. Ek prys U vir u beskerming. Help my om daagliks my geloof te bou, selfs as ek sukkel om my oog op U te hou en nie op my omstandighede nie. Help my om stil genoeg te raak om na u stem te luister. In die Naam van Jesus. Amen.

Dag 1Dag 3

Aangaande hierdie leesplan

Vrees en Angs - Leer om te Oorwin met God se Waarheid

Voel die lewe somtyds oorweldigend? Soek jy verligting van die vrees en angs? Ons gaan ontdek wat God in sy Woord sê oor vrees en angs. Ons sal leer hoe ons dit kan oorwin deur die krag van sy Woord. Deur na God te kyk o...

More

Ons wil graag Love God Greatly Afrikaans bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek gerus: http://lovegodgreatly.com

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid