Leesplan inligting

Vrees en Angs - Leer om te Oorwin met God se WaarheidVoorbeeld

Vrees en Angs - Leer om te Oorwin met God se Waarheid

DAG 15 VAN 41

Lees: Johannes 10:27-29, Lukas 12: 22-31


SOAP: Johannes 10:29


Die Skrif gebruik die beeld van ‘n herder en sy skape om die Here se verhouding met sy kinders te illustreer. Hierdie herderlike verhouding is 'n pragtige vergelyking. Skape is geneig om naby mekaar te bly en weg te hardloop wanneer gevaar dreig. Hierdie instink wat hulle dryf om altyd bymekaar te bly, kan ook veroorsaak dat hulle ‘n skaap as hul leier volg, wat hulle in gevaar kan laat beland. Tog, hierdie instink kan hulle ook leer om noukeurig na die herder se bevele te luister en dit te gehoorsaam.


Die herder sal sy lewe gee om sy kudde te beskerm. Hy verstaan ​​hulle behoeftes en sal homself in gevaar stel om hulle veiligheid te verseker. Hy hou wag teen hulle vyande en vertroos hulle wanneer hulle bang is. Die rol van 'n herder is onwrikbaar en beskeie.


Jesus het sy rol as ons herder gewillig aanvaar, sodat ons verseker kan wees van die ewige lewe. Ons rol as sy skape is om stil genoeg te wees om sy stem te hoor en om Hom toe te laat om ons te lei.


Op watter gebied van jou lewe is jy meer geneig om die skare te volg as om stil genoeg te wees om God toe te laat om in beheer te wees? Hoe kan om die skare te volg na meer angs lei? Ons hemelse Vader stel ons bo alles. Ons kan in sy liefde rus. Dink aan een manier waarop die Here in die afgelope week vir jou voorsien het. Sy getrouheid is oorvloedig.


Hemelse Vader, dankie vir u sorg. Dankie dat U u Seun gestuur het om my Goeie Herder te wees. Wys vir my die terreine in my lewe waarin ek op myself of ander vertrou in plaas daarvan om my vertroue in U te plaas. Help my om die terreine te sien waar U tans in my lewe voorsien. In die Naam van Jesus. Amen.

Dag 14Dag 16

Aangaande hierdie leesplan

Vrees en Angs - Leer om te Oorwin met God se Waarheid

Voel die lewe somtyds oorweldigend? Soek jy verligting van die vrees en angs? Ons gaan ontdek wat God in sy Woord sê oor vrees en angs. Ons sal leer hoe ons dit kan oorwin deur die krag van sy Woord. Deur na God te kyk o...

More

Ons wil graag Love God Greatly Afrikaans bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek gerus: http://lovegodgreatly.com

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid