Leesplan inligting

JakobusVoorbeeld

Jakobus

DAG 12 VAN 27

Lees: Jakobus 2:14-26

SOAP: Jakobus 2:14-17

Jakobus roep gelowiges aan om hulself te evalueer en te sien of hulle aksies na buite, die geestelike verandering aan die binnekant weerspieël. Geloofsgedrewe gehoorsaamheid aan God is een van die kenmerke van ware, reddende geloof. 'n Leë geloof ken die konsepte en teorie van Bybelse waarheid, maar word nie daardeur verander nie. 'n Gelowige se lewenstyl sal die bewys van hulle verlossing wees. 

Verlossing kom alleenlik deur geloof in Jesus. Ons werke maak ons nie regverdig voor God nie – net Jesus doen dit. Maar, nadat 'n persoon gered is, is sy 'n nuwe skepping met 'n nuwe doel, nuwe krag en 'n nuwe Here. 'n Gelowige se aksies en gedrag na buite ná verlossing, moet die geestelike verandering aan die binnekant weerspieël. Die Heilige Gees werk kragtig in die gelowige om 'n lewe wat gefokus is op self, te verander na 'n lewe wat gefokus is op ander, en wat eer bring aan Jesus. Wat sê jou lewe van die evangelie? 

Vader God, help my om daartoe verbind te wees om U heelhartig te volg, terwyl ek ook die evangelie prakties uitleef. Hou aan om my hart te reinig en te verander, Here, en maak my meer gewillig om ander opreg lief te hê en te help. In Jesus se naam. Amen. 

 

Dag 11Dag 13

Aangaande hierdie leesplan

Jakobus

Die boek van Jakobus word dikwels vergelyk met die wysheidsliteratuur wat in Spreuke gevind word. Dit is 'n kort boek, maar is gevul met kragtige lesse oor 'n godsvrugtige lewe. In hierdie 4 weke Love God Greatly studi...

More

Ons wil graag Love God Greatly bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek gerus: http://www.lovegodgreatly.com

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid