SAGARIA 13:1-2
SAGARIA 13:1-2 Bybel vir almal (ABA)
Daardie dag sal daar 'n fontein wees waar die nageslag van Dawid en die mense van Jerusalem hulle sonde en onreinheid kan afwas. Die Here wat oor alles regeer, sê: “Daardie dag sal Ek die name van die afgode laat verdwyn. Niemand in die land sal weer aan die afgode dink nie. Ek sal ook die profete en almal wat onrein is, wegvat uit die land.
SAGARIA 13:1-2 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
IN dié dag sal daar 'n geopende fontein wees vir die huis van Dawid en vir die inwoners van Jerusalem teen sonde en onreinheid. En in dié dag, spreek die HERE van die leërskare, sal Ek die name van die afgode uit die land uitroei, sodat aan hulle nie meer gedink sal word nie; en ook die profete en die onreine gees sal Ek uit die land laat wegtrek.
SAGARIA 13:1-2 Afrikaans 1983 (AFR83)
Daardie dag sal daar 'n fontein oopgemaak word om die koningshuis van Dawid en die inwoners van Jerusalem te reinig van hulle sonde en hulle vuilheid. Daardie dag, sê die Here die Almagtige, laat Ek die gedagtenis aan die afgode verdwyn uit die land. Daar sal nie meer aan hulle gedink word nie. Ek gaan ook die profete en die gees van onreinheid uit die land verwyder.
SAGARIA 13:1-2 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
“ Op daardie dag sal 'n fontein oopgemaak word waar die huis van Dawid en die inwoners van Jerusalem hulle sondes en •onreinheid kan afwas. “Op daardie dag,” is die uitspraak van die HERE, Heerser oor alle magte, “sal Ek die name van die afgode in die land uitwis, sodat hulle nie meer onthou sal word nie; en Ek sal ook die profete en die gees van onreinheid uit die land verwyder.
SAGARIA 13:1-2 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
In dié dag sal daar 'n fontein wees vir die huis van Dawid en vir die inwoners van Jerusalem vir sonde en vir onreinheid. En in dié dag, spreek die HERE van die leërskare, sal Ek die name van die drekgode uit die land uitroei, sodat aan hulle nie meer gedink sal word nie; en Ek sal ook die profete en die onreine gees veroorsaak om uit die land te gaan.
SAGARIA 13:1-2 Die Boodskap (DB)
Wanneer die dag kom wat hulle verwag, sal ’n waterfontein oopgemaak word. By hierdie fontein sal Dawid se nageslag en die mense wat in Jerusalem bly, hulle was. Soos ’n mens jou was met water om skoon te kom, so sal hulle hulle was om ontslae te raak van alles wat hulle verkeerd gedoen het. Die Here is sterker en magtiger as alles en almal. Hy sê: “In dié tyd sal Ek sorg dat niemand in die land eens aan afgode sal dink of hulle name sal onthou nie. Ek sal nog verder as dit gaan. Ek sal al die mense wat maak of hulle profete van die Here is, uit die land laat verdwyn. Daarmee saam sal Ek die lus wegvat wat mense het om ander gode te aanbid.
SAGARIA 13:1-2 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
“Op daardie dag sal daar ’n oop fontein vir die koningshuis van Dawid en die inwoners van Jerusalem wees, ’n fontein om hulle skoon te maak van al hulle sonde en vuilheid. “Daardie dag, sê die HERE, die Almagtige, sal Ek die name van die afgode uit die land uitroei. Selfs die name van die afgode gaan nie meer onthou word nie. Ek gaan ook die vals profete en die onrein geeste wat hulle inspireer, verwyder.