SAGARIA 13

13
’n Fontein van reiniging
1“Op daardie dag sal daar ’n oop fontein vir die koningshuis van Dawid en die inwoners van Jerusalem wees, ’n fontein om hulle skoon te maak van al hulle sonde en vuilheid.
2“Daardie dag, sê die Here, die Almagtige, sal Ek die name van die afgode uit die land uitroei. Selfs die name van die afgode gaan nie meer onthou word nie. Ek gaan ook die vals profete en die onrein geeste wat hulle inspireer, verwyder. 3As iemand weer begin profeteer, sal sy eie pa en ma vir hom sê: ‘Jy mag nie lewe nie, want jy het leuens in die Naam van die Here geprofeteer.’ Dan sal sy eie pa en ma hom doodsteek.
4“Op daardie dag sal niemand spog met sy gawe van profesie nie. Niemand sal profeteklere dra met die doel om ander te bedrieg nie. 5Hy sal sê: ‘Ek is nie ’n profeet nie; ek is ’n boer. Ek het my bestaan uit die grond gemaak vandat ek nog baie jonk was.’
6“As iemand dan vra: ‘Wat is daardie wonde aan jou hande?’ sal hy sê: ‘Ek het die wonde gekry by die huis van my vriende!’”
Die verstrooiing van die skape
7“Swaard, word wakker
teen my skaapwagter,
teen die man
wat so naby aan My is,
sê die Here, die Almagtige.
Tref die skaapwagter
sodat die skape
verstrooi kan word
en Ek teen die lammers
kan optree.
8Twee derdes van die inwoners
van die land
sal afgesny word en omkom,
sê die Here.
Een derde sal oorbly in die land.
9Ek sal daardie groep
deur vuur laat gaan
en hulle suiwer,
net soos silwer en goud
deur vuur gesuiwer word.
Hulle sal my Naam aanroep
en Ek sal hulle antwoord.
Ek sal sê: ‘Hulle is my volk,’
en hulle sal sê:
‘Die Here is ons God.’”

Tans Gekies:

SAGARIA 13: NLV

Kleurmerk

Deel

Kopieer

None

Wil jy jou kleurmerke oor al jou toestelle gestoor hê? Teken in of teken aan

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid