SAGARIA 13:1
SAGARIA 13:1 Bybel vir almal (ABA)
Daardie dag sal daar 'n fontein wees waar die nageslag van Dawid en die mense van Jerusalem hulle sonde en onreinheid kan afwas.
SAGARIA 13:1 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
IN dié dag sal daar 'n geopende fontein wees vir die huis van Dawid en vir die inwoners van Jerusalem teen sonde en onreinheid.
SAGARIA 13:1 Afrikaans 1983 (AFR83)
Daardie dag sal daar 'n fontein oopgemaak word om die koningshuis van Dawid en die inwoners van Jerusalem te reinig van hulle sonde en hulle vuilheid.
SAGARIA 13:1 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
“ Op daardie dag sal 'n fontein oopgemaak word waar die huis van Dawid en die inwoners van Jerusalem hulle sondes en •onreinheid kan afwas.
SAGARIA 13:1 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
In dié dag sal daar 'n fontein wees vir die huis van Dawid en vir die inwoners van Jerusalem vir sonde en vir onreinheid.
SAGARIA 13:1 Die Boodskap (DB)
Wanneer die dag kom wat hulle verwag, sal ’n waterfontein oopgemaak word. By hierdie fontein sal Dawid se nageslag en die mense wat in Jerusalem bly, hulle was. Soos ’n mens jou was met water om skoon te kom, so sal hulle hulle was om ontslae te raak van alles wat hulle verkeerd gedoen het.