TITUS 2:12
TITUS 2:12 Bybel vir almal (ABA)
Hy leer vir ons om die verkeerde dinge te los en ook die dinge van die wêreld wat ons graag wil doen. Hy leer vir ons om verstandig en regverdig te lewe. Ja, dan sal ons kan lewe soos God wil hê dat mense in hierdie wêreld moet lewe.
TITUS 2:12 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
en leer ons om die goddeloosheid en wêreldse begeerlikhede te verloën, ingetoë en regverdig en vroom in die teenwoordige wêreld te lewe
TITUS 2:12 Afrikaans 1983 (AFR83)
Dit voed ons op om die goddelose leefwyse en wêreldse begeerlikhede te laat vaar en met selfbeheersing, opregtheid en godsvrug in die teenswoordige wêreld te lewe
TITUS 2:12 Die Boodskap (DB)
Nou wys Hy vir ons hoe om ’n Godlose leefstyl te systap en hoe om vernietigende begeertes te laat staan. Hy laat ons met wysheid en opregtheid leef. Hy laat ons elke dag tot sy eer in die wêreld leef.