Skip to content
Die embleem van die Bybeltoep

ROMEINE 8:10 – Vergelyk alle weergawes

ROMEINE 8:10 AFR83 (Afrikaans 1983)

Omdat Christus in julle is, gee die Gees aan julle die lewe op grond van God se vryspraak, hoewel die liggaam vir die dood bestem is as gevolg van die sonde.

ROMEINE 8:10 AFR53 (Afrikaans 1933/1953)

Maar as Christus in julle is, dan is die liggaam dood vanweë die sonde, maar die gees is lewe vanweë die geregtigheid.

ROMEINE 8:10 NLV (Nuwe Lewende Vertaling)

As Christus in julle lewe, is julle liggame wel nog as gevolg van die sonde aan die dood onderhewig, maar julle gees leef omdat julle saak met God reggemaak is.

ROMEINE 8:10 DB (Die Boodskap)

Christus is ook nou by julle. Daarom sal die Heilige Gees sorg dat julle vir altyd lewe. Selfs al moet julle liggame doodgaan - dit is immers die prys wat ons almal vir die sonde moet betaal - sal die Gees julle op ’n splinternuwe manier laat leef. Hy sal dit doen omdat julle deur God vrygespreek is.

ROMEINE 8:10 ABA (Bybel vir almal)

Julle liggame sal sterf omdat die sonde in die wêreld gekom het. Maar nou is Christus in julle, God het julle vrygespreek en die Heilige Gees laat julle waarlik lewe.

ROMEINE 8:10 AFR20 (Die Bybel 2020-vertaling)

Maar as Christus in julle is, is die liggaam, as gevolg van die sonde, wel dood; daarenteen, op grond van die regverdiging, is die Gees lewe.

ROMEINE 8:10 CAB23 (Contemporary Afrikaans Bible 2023)

En as Christus in julle is, dan is die liggaam dood vanweë die sonde; maar die Gees is lewe vanweë die geregtigheid.