ROMEINE 8

8
Ons beleef die wonder van bevryding
1Vir hulle wat aan Christus Jesus verbind is#8:1 Grondteks wat in Christus Jesus is., is die oordeel nou heeltemal weggeneem. 2Die lewegewende Gees#8:2a Grondteks Die wet van die Gees van die lewe. is so magtig dat Hy jou#8:2b Sommige manuskripte het my in plaas van jou. deur Christus Jesus bevry het van die greep van die sonde wat uitloop op die dood. 3Die wet van Moses kon ons as gevolg van ons sondige natuur nie verlos nie. Daarom het God sy eie Seun met ’n menslike natuur soos ons sondige menslike natuur na ons toe gestuur om as offer vir ons sonde te dien. Daarmee het Hy afgereken met die sonde in ons menslike bestaan, 4sodat ons kan voldoen aan die vereiste van die wet – ons wat nou nie meer volgens ons sondige natuur lewe nie, maar volgens die Gees.
5Die mense wat deur hulle sondige natuur gedomineer word – hulle gedagtes word oorheers deur sondige dinge. Maar dié wat deur die Gees beheer word – hulle gedagtes is vol van die dinge wat die Gees gelukkig maak. 6As jou sondige natuur jou denke oorheers, lei dit tot die dood. Maar as die Gees jou denke oorheers, beteken dit vir jou ware lewe en vrede. 7Want die sondige natuur is altyd vyandig ingestel teenoor God. Dit rebelleer teen God se wet, want dit is in sy aard.#8:7 Grondteks Dit onderwerp hom nie aan die wet van God nie, want dit kan ook nie. 8Dit is waarom die mense wat deur hulle sondige natuur beheer word, God nooit gelukkig kan maak nie.
9Maar julle word nie deur julle sondige natuur beheer nie. Julle word beheer deur die Gees omdat die Gees van God in julle woon. Onthou, iemand wat nie die Gees van Christus het nie, is nie een van sy mense nie! 10As Christus in julle lewe, is julle liggame wel nog as gevolg van die sonde aan die dood onderhewig, maar julle gees leef omdat julle saak met God reggemaak is. 11Omdat die Gees van die God wat Jesus uit die dood#8:11a Grondteks Christus tussen die dooies uit. opgewek het in julle woon, sal Hy wat Christus uit die dood#8:11b Grondteks Jesus tussen die dooies uit. opgewek het, ook julle dooie liggame weer lewendig maak deur dieselfde Gees wat in julle woon.
12Daarom dan, my broers en susters#8:12 Grondteks broers., is dit noodsaaklik dat ons die druk van ons sondige natuur sal weerstaan en nie daarvolgens sal lewe nie. 13Want as die sondige natuur julle lewe beheer, gaan julle die dood tegemoet. Maar as julle deur die Gees die werke van julle sondige natuur doodmaak, sal julle werklik lewe. 14Want almal wat hulle laat lei deur die Gees van God – hulle is God se kinders.
15Die gees wat julle ontvang het, is nie ’n gees wat weer van julle vreesbevange slawe maak nie. Julle het die Gees van ware kindwees ontvang en deur hierdie Gees roep julle uit tot God: Abba#8:15 Die Aramese woord vir vader. Dit het ’n baie vertroulike konnotasie. – ons Vader. 16Want die Gees self bevestig teenoor ons eie gees dat ons God se kinders is. 17En as ons God se kinders is, maak Hy ons ook sy erfgename. Saam met Christus deel ons in God se rykdom. As ons bereid is om saam met Christus te ly, sal ons sekerlik ook deel in sy heerlikheid.
Daar wag ’n heerlike toekoms
18Ek weet vir seker dat ons huidige lyding hoegenaamd nie vergelyk kan word met die heerlikheid waarmee God ons gaan verras nie. 19Die skepping smag na daardie dag wanneer God sy kinders openlik bekend sal stel. 20-21Want teen sy wil is die ganse skepping in ’n sinnelose kringloop van aftakeling vasgevang as gevolg van God se straf op die eerste mense se ongehoorsaamheid. Die ganse skepping sien uit na die dag wanneer dit ook self van die slawediens aan hierdie verganklikheid bevry sal word en deel sal kry aan die heerlike vryheid van God se kinders. 22Ons weet immers dat die ganse skepping nog steeds aan die kreun is soos iemand met geboortepyne. 23Wat meer is, ons wat die Gees as voorsmaak en waarborg#8:23 Grondteks eerste vrug van die oes. van ons toekomstige heerlikheid ontvang het, kreun ook in ons binneste in ons smagting om van ons verganklike liggame verlos te word. 24Noudat ons verlos is, sien ons uit na ons toekomstige heerlikheid. Want as jy iets reeds het, hoef jy nie meer daarna uit te sien nie. 25Maar as jy dit nog nie het nie, sien jy gretig en volhardend daarna uit.
26Die Gees van God help ons ook nog boonop in ons onbeholpenheid. Ons weet immers nie mooi wat en hoe ons moet bid nie. Maar die Gees self neem ons gebedsbehoeftes voor God op met versugtinge wat nie in menslike taal verwoord kan word nie. 27Dié God wat die dieptes van elke hart deurgrond, weet wat die Gees in die oog het – dat Hy in harmonie met God se wil vir die gelowiges intree. 28En ons weet dat God alles ten goede laat saamwerk vir hulle wat Hom liefhet, hulle wat geroep is volgens sy doel vir hulle lewe. 29Want God het hulle reeds vooruit geken, en Hy het hulle aangewys om net soos sy Seun te word. Op hierdie manier sal Christus Jesus die oudste seun wees, omring deur baie broers en susters#8:29 Grondteks broers.. 30Dié wat Hy vooruit aangewys het, het Hy ook geroep. En dié wat Hy geroep het, het Hy ook vrygespreek. En dié wat Hy vrygespreek het, aan hulle het Hy heerlikheid gegee.
Niks kan ons van Christus se liefde skei nie
31Wat sal ons dan van al hierdie wonderlike dinge sê? As God aan ons kant is, wie kan ooit téén ons wees? 32As God nie sy eie Seun gespaar het nie, maar Hom ter wille van ons almal oorgegee het, sal Hy nie saam met Hom ook alle ander dinge aan ons skenk nie?
33Wie sal dit waag om ons aan te kla as God ons spesiaal uitgekies het? God is immers die Een wat ons vryspreek. 34Wie sal ons veroordeel? Christus Jesus is tog die Een wat vir ons gesterf het, wat boonop ook opgestaan het, wat op die ereplek langs#8:34 Grondteks aan die regterhand van. God sit en wat daar vir ons pleit.
35Kan enigiets ons ooit van Christus se liefde skei? Sal dinge soos lyding of benoudheid of vervolging, honger of koue, of gevaar of doodsdreiging dit regkry? 36Selfs die Skrif verklaar tog:
“Om u ontwil bedreig die dood
ons die hele dag
en word ons as slagskape
beskou.”#8:36 Ps 44:23.
37Tog is ons ten spyte van al hierdie dinge besig om ’n klinkende oorwinning te behaal#8:37 Of meer as oorwinnaars. – deur Christus wat sy liefde so duidelik aan ons bewys het.
38Een ding weet ek vas en seker: Niks kan ons ooit van Christus se liefde skei nie. Nie dood of lewe of engele of duiwelse magte nie; nie ons vrees vir vandag of ons kommer oor môre nie; ook nie bo-aardse magte nie. 39Ja, hoegenaamd niks daarbo of onder in die dieptes of elders in die skepping sal ons ooit kan skei van die liefde wat God in Christus Jesus ons Here vir ons het nie.

Tans Gekies:

ROMEINE 8: NLV

Kleurmerk

Deel

Kopieer

None

Wil jy jou kleurmerke oor al jou toestelle gestoor hê? Teken in of teken aan

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid