ROMEINE 5:5,8 - Compare All Versions

ROMEINE 5:5 ABA (Bybel vir almal)

Ons weet ons sal kry wat ons hoop, want God het die Heilige Gees vir ons gegee, en die Heilige Gees maak ons harte vol met God se liefde.

Romeine 5:8 ABA (Bybel vir almal)

Maar Christus het gesterf om ons te red toe ons sondaars was. Daarom weet ons dat God baie lief is vir ons.

ROMEINE 5:5 AFR53 (Afrikaans 1933/1953)

en die hoop beskaam nie, omdat die liefde van God in ons harte uitgestort is deur die Heilige Gees wat aan ons gegee is.

ROMEINE 5:8 AFR53 (Afrikaans 1933/1953)

maar God bewys sy liefde tot ons daarin dat Christus vir ons gesterf het toe ons nog sondaars was.

ROMEINE 5:5 AFR83 (Afrikaans 1983)

en dié hoop beskaam nie, want God het sy liefde in ons harte uitgestort deur die Heilige Gees wat Hy aan ons gegee het.

ROMEINE 5:8 AFR83 (Afrikaans 1983)

Maar God bewys sy liefde vir ons juis hierin dat Christus vir ons gesterf het toe ons nog sondaars was.

ROMEINE 5:5 AFR20 (Die Bybel 2020-vertaling)

En die hoop beskaam nie, want God se liefde is in ons harte uitgestort deur die Heilige Gees wat aan ons gegee is.

Romeine 5:8 AFR20 (Die Bybel 2020-vertaling)

God bewys egter sy liefde vir ons daarin dat Christus vir ons gesterf het toe ons nog sondaars was.

ROMEINE 5:5 CAB23 (Contemporary Afrikaans Bible 2023)

En die hoop beskaam nie; want die liefde van God word in ons harte uitgestort deur die Heilige Gees wat aan ons gegee is.

Romeine Romeine 5:8 CAB23 (Contemporary Afrikaans Bible 2023)

Maar God betuig sy liefde tot ons daarin dat Christus vir ons gesterf het toe ons nog sondaars was.

ROMEINE 5:5 DB (Die Boodskap)

Wanneer ons al ons hoop op God stel, sal ons nooit teleurgesteld wees nie. Want Hy vul ons lewens elke dag met sy liefde. Dit doen Hy deur die Heilige Gees wat by ons bly.

Romeine 5:8 DB (Die Boodskap)

Maar God is heeltemal anders as ons. Hy wys juis hoe lief Hy ons het deurdat Jesus in ons plek doodgegaan het toe ons almal nog ’n spul sondaars was.

ROMEINE 5:5 NLV (Nuwe Lewende Vertaling)

En hierdie toekomsverwagting sal ons nie teleurstel nie, want ons weet hoe lief God ons het. Hy het sy liefde mos in ons harte uitgestort deur sy Heilige Gees wat Hy aan ons gegee het.

ROMEINE 5:8 NLV (Nuwe Lewende Vertaling)

God laat blyk sý liefde vir ons egter daarin dat Christus vir ons kom sterf het ten spyte daarvan dat ons nog sondaars was.