ROMEINE 15:9
ROMEINE 15:9 Bybel vir almal (ABA)
Christus het ook gekom sodat die heidene God kan prys omdat God goed is vir hulle. Dit is soos daar in die Ou Testament geskryf is: Daarom, ek sal U prys sodat die heidene dit kan hoor, ek sal sing oor u Naam.
ROMEINE 15:9 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
en dat die heidene ter wille van sy barmhartigheid God kan verheerlik, soos geskrywe is: Daarom sal ek U loof onder die nasies en tot eer van u Naam psalmsing.
ROMEINE 15:9 Afrikaans 1983 (AFR83)
Hy het ook gekom sodat die ander nasies God oor sy ontferming sou verheerlik, soos daar geskrywe staan: “Daarom sal ek U loof voor die nasies, en tot eer van u Naam sal ek 'n lofpsalm sing.”
ROMEINE 15:9 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
en die nasies God oor sy ontferming kan verheerlik, soos daar geskryf staan: “Daarom sal ek U loof onder die nasies, en tot eer van u Naam sal ek 'n lofpsalm sing.”
ROMEINE 15:9 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
En dat die heidene God kan verheerlik vir sy barmhartigheid; soos geskrywe is: Daarom sal ek U onder die heidene bely en u Naam sing.
ROMEINE 15:9 Die Boodskap (DB)
Maar Christus het gelukkig nie al die ander volke vergeet nie. Hy het hulle so jammer gekry dat Hy ook aan hulle ’n plek in God se nuwe koor gegee het. Daarom maak hulle nou ook sy Naam groot. Die Bybel vertel ook vir ons hiervan: “Saam met mense uit ander volke sal ek u Naam grootmaak. Ek sal u Naam loof deur ’n psalm tot u eer te sing.”