ROMEINE 15:3 - Compare All Versions

ROMEINE 15:3 ABA (Bybel vir almal)

Julle moet dit weet: Christus het ook nie net dinge gedoen wat lekker is vir Hom nie. Dit is soos daar in die Ou Testament geskryf is: Die mense wat vir U beledig, is die mense wat my beledig het.

ROMEINE 15:3 AFR53 (Afrikaans 1933/1953)

Want ook Christus het Homself nie behaag nie, maar soos geskrywe is: Die smaadhede van die wat U smaad, het op My geval.

ROMEINE 15:3 AFR83 (Afrikaans 1983)

Christus het immers ook nie aan Homself gedink nie, inteendeel. Dit was met Hom soos daar geskrywe staan: “Die beledigings waarmee mense U beledig, het op My neergekom.”

ROMEINE 15:3 AFR20 (Die Bybel 2020-vertaling)

•Christus het tog ook nie Homself behaag nie, maar, soos daar geskryf staan: “Die beledigings van hulle wat U beledig, het My getref.”

ROMEINE 15:3 CAB23 (Contemporary Afrikaans Bible 2023)

Want selfs Christus het Homself nie behaag nie; maar soos geskrywe is: Die smaad van die wat U smaad het, het op my geval.

ROMEINE 15:3 DB (Die Boodskap)

Christus het presies dit kom doen toe Hy op aarde was. Hy het nie na sy eie belange omgesien nie, maar na dié van ander. Dit is soos die Bybel sê: “Al die beledigings wat die mense na u kant toe gegooi het, het Ek gedra. Dit het alles op My afgekom.”

ROMEINE 15:3 NLV (Nuwe Lewende Vertaling)

Ook Christus het immers nie aan sy eie sin en wil voorkeur gegee nie. Soos die Skrif sê: “Dié wat U beledig, beledig ook vir My.”