ROMEINE 15:18
ROMEINE 15:18 Die Boodskap (DB)
Natuurlik sal ek dit nooit waag om oor my eie prestasies te praat nie. Nee, ek kan slegs praat oor wat Christus deur my gedoen het. Hy het elke woord en daad van my in sy diens geneem. Oral het mense wat nie aan Israel behoort nie, begin om in God te glo.
ROMEINE 15:18 Bybel vir almal (ABA)
Ek wil nie spog nie, ek sal net vertel van die dinge wat ek gedoen het omdat Christus vir my die krag gegee het om dit te doen. Hy het my gebruik sodat die heidene gehoorsaam kan word aan Hom. Ek het gedoen en gesê wat Christus wou hê.
ROMEINE 15:18 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Want ek sal nie waag om iets te sê van dinge wat Christus nie deur my gewerk het nie — om die heidene tot gehoorsaamheid te bring, met woord en daad
ROMEINE 15:18 Afrikaans 1983 (AFR83)
Ek sal dit nie waag om oor iets anders te praat as oor wat Christus deur my tot stand gebring het om heidennasies aan God gehoorsaam te maak nie. Dit het Hy deur my gedoen met woord en daad
ROMEINE 15:18 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Ek sal dit inderdaad nie waag om oor iets anders te praat as wat Christus deur my gedoen het om die heidene tot gehoorsaamheid te bring nie – deur woord en daad
ROMEINE 15:18 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Want ek sal dit nie waag om te praat van enige van die dinge wat Christus nie deur my bewerk het nie, om die heidene deur woord en daad gehoorsaam te maak