ROMEINE 15:14
ROMEINE 15:14 Bybel vir almal (ABA)
Vriende, ek is baie seker dat julle baie goeie dinge doen vir mekaar, julle weet alles wat julle moet weet en julle kan vir mekaar leer om reg te lewe.
ROMEINE 15:14 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
MAAR ek self ook, my broeders, is oortuig aangaande julle, dat julle self ook vol van goedheid is, vervuld met alle kennis, in staat om ook mekaar te vermaan.
ROMEINE 15:14 Afrikaans 1983 (AFR83)
My broers, ek is self maar alte bewus dat julle vol goeie hoedanighede is en omvattende kennis besit, en dat julle mekaar self op die regte weg kan help.
ROMEINE 15:14 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
My broers, persoonlik is ek daarvan oortuig dat julle ook self vol goedheid is en oor volledige kennis beskik, in dié mate dat julle mekaar ook kan reghelp.
ROMEINE 15:14 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
En ek self is ook van julle oortuig, my broeders, dat julle ook vol goedheid is, vervul met alle kennis, bekwaam om ook mekaar te vermaan.