DIE OPENBARING 7:1-8
DIE OPENBARING 7:1-8 Bybel vir almal (ABA)
Nadat hierdie dinge gebeur het, het ek vier engele gesien. Hulle het by die vier hoeke van die aarde gestaan. Die vier engele het die vier winde wat op die aarde waai, vasgehou sodat daar nêrens 'n wind gewaai het nie, nie op die aarde nie, nie op die see nie, en nie teen die bome nie. Toe sien ek 'n ander engel wat van die ooste kom. Hy het die seël van God gehad, God wat altyd lewe. God het vir die vier engele gesê hulle mag die aarde en die see verwoes, en die engel het hard geskree vir daardie vier engele en gesê: “Julle moenie nou die aarde en die see en die bome verwoes nie! Julle moet wag totdat ons die mense gemerk het wat vir God dien, ons sal hulle op hulle voorkoppe merk met die seël.” Ek het gehoor hoeveel mense merke gekry het op hulle voorkoppe. Dit was 144 000 mense, en hulle het gekom van elke stam van die Israeliete: Van elke stam het 12 000 mense merke gekry. Die stamme was: Juda, Ruben, Gad, Aser, Naftali, Manasse, Simeon, Levi, Issaskar, Sebulon, Josef en Benjamin.
DIE OPENBARING 7:1-8 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
EN ná hierdie dinge het ek vier engele op die vier hoeke van die aarde sien staan, en hulle het die vier winde van die aarde vasgehou, sodat geen wind sou waai op die aarde of op die see of teen enige boom nie. En ek het 'n ander engel sien opkom van die opgang van die son, met die seël van die lewende God; en hy het met 'n groot stem geroep na die vier engele aan wie dit gegee is om die aarde en die see te beskadig en gesê: Moenie die aarde of die see of die bome beskadig voordat ons die diensknegte van onse God op hulle voorhoofde verseël het nie. En ek het die getal van die verseëldes gehoor: honderd-vier-en-veertigduisend verseëldes uit al die stamme van die kinders van Israel — uit die stam van Juda twaalfduisend verseëldes; uit die stam van Ruben twaalfduisend verseëldes; uit die stam van Gad twaalfduisend verseëldes; uit die stam van Aser twaalfduisend verseëldes; uit die stam van Náftali twaalfduisend verseëldes; uit die stam van Manasse twaalfduisend verseëldes; uit die stam van Símeon twaalfduisend verseëldes; uit die stam van Levi twaalfduisend verseëldes; uit die stam van Íssaskar twaalfduisend verseëldes; uit die stam van Sébulon twaalfduisend verseëldes; uit die stam van Josef twaalfduisend verseëldes; uit die stam van Benjamin twaalfduisend verseëldes.
DIE OPENBARING 7:1-8 Afrikaans 1983 (AFR83)
Daarna het ek vier engele by die vier hoeke van die aarde sien staan. Hulle het die vier winde van die aarde vasgehou, sodat daar geen wind op die land en op die see en teen enige boom sou waai nie. Ek het ook 'n ander engel van die ooste af sien kom met die seël van die lewende God. Hy het met 'n harde stem geroep na die vier engele aan wie mag gegee is om die land en die see te tref, en het vir hulle gesê: “Moenie die land en die see en die bome tref nie. Ons moet eers die dienaars van ons God op hulle voorkoppe merk met die seël.” Ek het die getal gehoor van dié wat gemerk is: daar was honderd vier en veertig duisend. Hulle was uit elke stam van die volk Israel: uit die stam van Juda is daar twaalf duisend gemerk, uit die stam Ruben twaalf duisend, uit die stam Gad twaalf duisend, uit die stam Aser twaalf duisend, uit die stam Naftali twaalf duisend, uit die stam Manasse twaalf duisend, uit die stam Simeon twaalf duisend, uit die stam Levi twaalf duisend, uit die stam Issaskar twaalf duisend, uit die stam Sebulon twaalf duisend, uit die stam Josef twaalf duisend, en uit die stam Benjamin is daar twaalf duisend gemerk.
DIE OPENBARING 7:1-8 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Hierna het ek vier engele by die vier hoeke van die aarde sien staan. Hulle het die vier winde van die aarde in bedwang gehou, sodat daar nie wind op die land of op die see of teen enige boom sou waai nie. Ek het ook 'n ander engel van die oostekant af sien aankom, wat 'n seël van die lewende God vashou. Hy het met 'n kragtige stem geroep na die vier engele wat aangesê is om die land en die see te beskadig, en gesê: “Moenie die land of die see of die bome beskadig, voordat ons die diensknegte van ons God met 'n seël op hulle voorkoppe gemerk het nie. ” Ek het toe gehoor wat die getal is van hulle wat met die seël gemerk is: honderd vier-en-veertigduisend – uit elke stam van die kinders van Israel: Uit die stam Juda, twaalfduisend wat die seël dra; uit die stam Ruben, twaalfduisend; uit die stam Gad, twaalfduisend; uit die stam Aser, twaalfduisend; uit die stam Naftali, twaalfduisend; uit die stam Manasse, twaalfduisend; uit die stam Simeon, twaalfduisend; uit die stam Levi, twaalfduisend; uit die stam Issaskar, twaalfduisend; uit die stam Sebulon, twaalfduisend; uit die stam Josef, twaalfduisend; uit die stam Benjamin, twaalfduisend wat die seël dra.
DIE OPENBARING 7:1-8 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
En ná hierdie dinge het ek vier engele op die vier hoeke van die aarde sien staan en die vier winde van die aarde vashou, sodat die wind nie sou waai teen die aarde of teen die see of teen enige boom nie. En ek het 'n ander engel uit die ooste sien opkom, met die seël van die lewende God, en hy het met 'n groot stem uitgeroep na die vier engele aan wie dit gegee is om die aarde en die see te beskadig, en gesê: Moenie die aarde of die see of die bome beskadig voordat ons die dienaars van onse God op hulle voorhoofde verseël het nie. En ek het die getal van die verseëldes gehoor, en honderd vier en veertig duisend verseëldes van al die stamme van die kinders van Israel. Uit die stam van Juda is twaalfduisend verseëls. Uit die stam van Ruben was twaalf duisend verseëls. Uit die stam van Gad was twaalfduisend verseëldes. Uit die stam van Aser was twaalfduisend verseëls. Uit die stam van Neftali was twaalfduisend verseëldes. Uit die stam van Manasse was twaalf duisend verseëls. Uit die stam van Simeon was twaalfduisend verseëls. Uit die stam van Levi was twaalfduisend verseëls. Uit die stam van Issaskar was twaalfduisend verseëldes. Uit die stam van Sabulon was twaalfduisend verseëls. Uit die stam van Josef was twaalfduisend verseëls. Uit die stam van Benjamin was twaalf duisend verseëls.
DIE OPENBARING 7:1-8 Die Boodskap (DB)
Dit was skaars verby of ek sien vier engele. Elkeen het in ’n ander windrigting gestaan. Hulle moes vir God die waai van die winde beheer. Vir eers het hulle die wind teruggehou. Daar het nie ’n luggie getrek of ’n blaartjie geroer nie. Toe sien ek nog ’n engel. Die engel het aangekom uit die rigting waar die son altyd opkom. In sy hand het die engel iets gehad om mense mee te merk wat aan die lewende God behoort. Die engel skree toe vir die ander vier engele sodat hulle duidelik kon hoor: “Wag so ’n bietjie. Moenie dat die wind nou al verwoesting saai oor die aarde en die see en die bome omwaai nie. Laat ons eers die mense merk wat God dien. Ons moet die merk van God wat wys dat hulle sy eiendom is, op hulle voorkop sit.” Ek het gehoor hoeveel mense daar was wat gemerk moes word. Daar was 144 000. Hulle het uit elke stam van Israel gekom: 12 000 uit elk van die volgende stamme: Juda, Ruben, Gad, Aser, Naftali, Manasse, Simeon, Levi, Issaskar, Sebulon, Josef en Benjamin.
DIE OPENBARING 7:1-8 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Hierna het ek vier engele by die vier hoeke van die aarde sien staan. Hulle het die vier winde van die aarde teruggehou sodat geen wind op die land of op die see of teen enige boom waai nie. Ek het ook ’n ander engel sien naderbeweeg van die kant waar die son opkom, terwyl hy ’n seël van die lewende God vashou. Hy het met ’n kragtige stem geroep na die vier engele wat toegelaat is om die land en see skade aan te doen, en gesê: “Moenie skade doen aan die land of die see of die bome nie, totdat ons die diensknegte van God met ’n seël op hulle voorkoppe gemerk het.” Ek het toe gehoor wat die getal is van dié wat met ’n seël op hulle voorkoppe gemerk is: daar was 144 000 gemerktes, afkomstig uit al die stamme van Israel: Uit die stam van Juda was daar 12 000 wat met die seël op hulle voorkoppe gemerk is; uit die stam Ruben 12 000; uit die stam Gad 12 000; uit die stam Aser 12 000; uit die stam Naftali 12 000; uit die stam Manasse 12 000; uit die stam Simeon 12 000; uit die stam Levi 12 000; uit die stam Issaskar 12 000; uit die stam Sebulon 12 000; uit die stam Josef 12 000, en uit die stam Benjamin was daar 12 000 wat met ’n seël gemerk is.