Openbaring 7:1-8

Openbaring 7:1-8 AFR20

Hierna het ek vier engele by die vier hoeke van die aarde sien staan. Hulle het die vier winde van die aarde in bedwang gehou, sodat daar nie wind op die land of op die see of teen enige boom sou waai nie. Ek het ook 'n ander engel van die oostekant af sien aankom, wat 'n seël van die lewende God vashou. Hy het met 'n kragtige stem geroep na die vier engele wat aangesê is om die land en die see te beskadig, en gesê: “Moenie die land of die see of die bome beskadig, voordat ons die diensknegte van ons God met 'n seël op hulle voorkoppe gemerk het nie. ” Ek het toe gehoor wat die getal is van hulle wat met die seël gemerk is: honderd vier-en-veertigduisend – uit elke stam van die kinders van Israel: Uit die stam Juda, twaalfduisend wat die seël dra; uit die stam Ruben, twaalfduisend; uit die stam Gad, twaalfduisend; uit die stam Aser, twaalfduisend; uit die stam Naftali, twaalfduisend; uit die stam Manasse, twaalfduisend; uit die stam Simeon, twaalfduisend; uit die stam Levi, twaalfduisend; uit die stam Issaskar, twaalfduisend; uit die stam Sebulon, twaalfduisend; uit die stam Josef, twaalfduisend; uit die stam Benjamin, twaalfduisend wat die seël dra.

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid