Openbaring 7:1-8

Openbaring 7:1-8 ABA

Nadat hierdie dinge gebeur het, het ek vier engele gesien. Hulle het by die vier hoeke van die aarde gestaan. Die vier engele het die vier winde wat op die aarde waai, vasgehou sodat daar nêrens 'n wind gewaai het nie, nie op die aarde nie, nie op die see nie, en nie teen die bome nie. Toe sien ek 'n ander engel wat van die ooste kom. Hy het die seël van God gehad, God wat altyd lewe. God het vir die vier engele gesê hulle mag die aarde en die see verwoes, en die engel het hard geskree vir daardie vier engele en gesê: “Julle moenie nou die aarde en die see en die bome verwoes nie! Julle moet wag totdat ons die mense gemerk het wat vir God dien, ons sal hulle op hulle voorkoppe merk met die seël.” Ek het gehoor hoeveel mense merke gekry het op hulle voorkoppe. Dit was 144 000 mense, en hulle het gekom van elke stam van die Israeliete: Van elke stam het 12 000 mense merke gekry. Die stamme was: Juda, Ruben, Gad, Aser, Naftali, Manasse, Simeon, Levi, Issaskar, Sebulon, Josef en Benjamin.

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid