DIE OPENBARING 2:26-27
DIE OPENBARING 2:26-27 Bybel vir almal (ABA)
As jy oorwin en aanhou doen wat Ek wil hê, dan sal Ek vir jou sê jy mag oor die volke regeer. Jy sal kwaai oor hulle regeer, soos 'n koning wat met 'n yster-septer regeer. Jy sal met hulle doen wat jy wil, soos wanneer iemand kleipotte stukkend slaan.
DIE OPENBARING 2:26-27 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
En aan hom wat oorwin en my werke tot die einde toe bewaar, sal Ek mag oor die nasies gee, en hy sal hulle regeer met 'n ysterstaf; soos erdegoed word hulle verbrysel, net soos Ek ook van my Vader ontvang het.
DIE OPENBARING 2:26-27 Afrikaans 1983 (AFR83)
Aan elkeen wat die oorwinning behaal en tot die einde toe volhou om te doen wat Ek wil hê, sal Ek mag en gesag oor die nasies gee. Hy sal hulle met 'n ystersepter regeer, hulle soos kleipotte stukkend slaan.
DIE OPENBARING 2:26-27 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
“ ‘Aan wie oorwin, en enduit vashou aan wat Ek sê, “ ‘sal Ek mag gee oor die nasies. Hy sal hulle as 'n herder lei met 'n ysterstaf, en hulle soos kleipotte stukkend slaan.
DIE OPENBARING 2:26-27 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
En aan hom wat oorwin en my werke tot die einde toe bewaar, aan hom sal Ek mag gee oor die nasies. En hy sal hulle regeer met 'n ysterstaf; soos die voorwerpe van 'n pottebakker sal hulle verbreek word, soos Ek van my Vader ontvang het.
DIE OPENBARING 2:26-28 Die Boodskap (DB)
Hy wat hom deur niks laat stuit nie en tot heel aan die einde doen wat Ek wil hê, sal nie spyt wees nie. Ek sal sulke mense mag gee om oor die lot van al die mense op aarde te besluit. Die Vader het presies daardie mag vir My gegee. Julle sal oor al die mense heers. Met mense wat dit nie wil aanvaar nie, sal dit gaan soos met ’n porseleinpot wat met ’n yster in stukke geslaan word. Maar, vir elkeen wat volhou om My te dien, sal Ek ’n nuwe en wonderlike toekoms gee.