DIE OPENBARING 2:24
DIE OPENBARING 2:24 Bybel vir almal (ABA)
Maar julle ander wat ook in Tiatira woon, julle glo nie die dinge wat Isebel vir hulle leer nie. Party mense sê die dinge wat sy vir hulle leer, is die groot geheime van die Satan, maar julle wou nie daardie dinge leer ken nie. Vir júlle sê Ek: Ek wil hê julle moet net een ding doen, en dit is
DIE OPENBARING 2:24 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
En ek sê vir julle en die ander wat in Thiatíre is, almal wat hierdie leer nie het nie, en die wat die dieptes van die Satan, soos hulle dit noem, nie leer ken het nie: Ek sal op julle geen ander las lê nie.
DIE OPENBARING 2:24 Afrikaans 1983 (AFR83)
Maar vir julle ander in Tiatira, wat nie hierdie leer aanhang en nie die “diep geheimenisse van die Satan”, soos hulle dit noem, leer ken het nie, sê Ek: Ek lê op julle geen ander verpligting nie
DIE OPENBARING 2:24 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Maar vir julle ander in Tiatira wat nie hierdie leer aanhang nie, en wat nie die diepere dinge van Satan, soos hulle dit noem, leer ken het nie, sê Ek: Ek lê nie op julle 'n ander las nie
DIE OPENBARING 2:24 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Maar Ek sê vir julle en vir die ander in Thiatira, almal wat hierdie leer nie het nie en die dieptes van Satan nie geken het soos hulle spreek nie; Ek sal geen ander las op jou lê nie.
DIE OPENBARING 2:24 Die Boodskap (DB)
Daar is ook nog ’n klomp ander gelowiges in Tiatira. Hulle steur hulle nie aan die verkeerde dinge wat Isebel se mense kwytraak nie. Om die waarheid te sê, hulle het nie eens moeite gedoen om agter te kom wat die sogenaamde “diep kennis” is waaroor hierdie mense so te kere gaan nie. Dit kom buitendien van Satan af. Vir hulle wil Ek dit nie met ekstra versoeke swaarder maak as wat dit reeds is nie.