DIE OPENBARING 2:23 - Compare All Versions

DIE OPENBARING 2:23 ABA (Bybel vir almal)

Ek sal almal laat sterf wat doen wat sy sê. Dan sal al die gemeentes weet dat Ek sien wat mense dink en wat hulle wil doen. Ek oordeel elke mens oor wat hy gedoen het.

DIE OPENBARING 2:23 AFR53 (Afrikaans 1933/1953)

En haar kinders sal Ek sekerlik doodmaak, en al die gemeentes sal weet dat dit Ek is wat niere en harte deursoek, en Ek sal aan elkeen van julle gee volgens sy werke.

DIE OPENBARING 2:23 AFR83 (Afrikaans 1983)

Haar volgelinge sal Ek deur 'n pessiekte om die lewe bring. Dan sal al die gemeentes weet dat dit Ek is, die Een wat die gedagtes en begeertes van die mens deurgrond. Ek sal elkeen van julle straf volgens julle doen en late.

DIE OPENBARING 2:23 AFR20 (Die Bybel 2020-vertaling)

En haar kinders sal Ek met die dood tref. Laat al die gemeentes daarvan kennis neem dat dit Ek is wat niere en harte deurgrond. Ek sal elkeen van julle beloon volgens julle dade.

DIE OPENBARING 2:23 CAB23 (Contemporary Afrikaans Bible 2023)

En Ek sal haar kinders met die dood doodmaak; en al die gemeentes sal weet dat dit Ek is wat niere en harte deursoek; en Ek sal aan elkeen van julle gee volgens jou werke.

DIE OPENBARING 2:22-23 DB (Die Boodskap)

Ek gaan haar met ’n siekbed straf. En almal wat saam met haar so onsedelik geleef het, sal bitter swaarkry. Daarvoor sal Ek sorg. Dit is hulle voorland, behalwe as hulle heeltemal ’n omkeer in hulle lewe maak en My weer voluit begin dien. Ek sal elkeen uitwis wat haar slegte voorbeeld volg. Elke kerklidmaat sal dan besef dat mense My nie om die bos kan lei nie. Nee, niemand kan iets vir My wegsteek nie. Ek weet wat elkeen dink en wat hier diep binne hom aangaan. Onthou dit maar: elke gelowige sal van My kry wat hy volgens sy optrede verdien.

DIE OPENBARING 2:23 NLV (Nuwe Lewende Vertaling)

Ek sal haar kinders doodmaak en al die gemeentes sal kennis neem dat dit Ek is wat gedagtes en bedoelings deursoek. Ek sal ook aan julle elkeen gee wat julle volgens julle handel en wandel verdien.