DIE OPENBARING 13:15
DIE OPENBARING 13:15 Bybel vir almal (ABA)
God het gesê die dier uit die aarde mag die beeld van die dier uit die see laat lewe. Die beeld kon toe praat, en as mense nie die beeld wou aanbid nie, dan het die dier hulle laat doodmaak.
DIE OPENBARING 13:15 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
En dit is hom gegee om 'n gees aan die dier se beeld te gee, sodat die dier se beeld ook sal praat en maak dat almal gedood word wat die dier se beeld nie aanbid nie.
DIE OPENBARING 13:15 Afrikaans 1983 (AFR83)
Aan hom is daar ook mag gegee om asem in die dier se beeld te blaas, sodat die beeld kan praat en almal kan laat doodmaak wat nie die beeld aanbid nie.
DIE OPENBARING 13:15 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Aan hom is toe die vermoë gegee om asem in die beeld van die dier te blaas, sodat die beeld van die dier ook kon praat, en om almal wat nie die beeld van die dier aanbid nie, te laat doodmaak.
DIE OPENBARING 13:15 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
En hy het mag gehad om die beeld van die dier lewend te maak, sodat die beeld van die dier sou praat en veroorsaak dat almal gedood sou word wat die beeld van die dier nie aanbid nie.
DIE OPENBARING 13:15 Die Boodskap (DB)
God het selfs toegelaat dat die beeld begin asemhaal en praat, soos die tweede dier wou. Die ergste is dat hierdie standbeeld enigiemand wat nie voor hom neerval en hom soos ’n god aanbid nie, daar en dan doodgemaak het. Hy het ook almal forseer om ’n merk op hulle regterhand en voor op hulle kop te dra. Aan die merk sou almal kon sien dat hulle aan die dier behoort.