DIE OPENBARING 13:11
DIE OPENBARING 13:11 Bybel vir almal (ABA)
Toe sien ek 'n ander dier wat uit die aarde kom. Hy het twee horings gehad, dit was soos 'n lam se horings. Maar hy het gepraat soos 'n draak.
DIE OPENBARING 13:11 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
EN uit die aarde het ek 'n ander dier sien opkom, en hy het twee horings gehad net soos 'n lam en het gepraat soos 'n draak.
DIE OPENBARING 13:11 Afrikaans 1983 (AFR83)
Toe het ek 'n ander dier gesien wat uit die aarde uit kom. Hy het twee horings gehad soos 'n lam s'n, maar hy het soos 'n draak gepraat.
DIE OPENBARING 13:11 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Toe het ek 'n ander dier uit die aarde sien opkom. Hy het twee horings gehad, net soos 'n lam, maar hy het soos 'n draak gepraat.
DIE OPENBARING 13:11 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
En ek het 'n ander dier uit die aarde sien opkom; en hy het twee horings gehad soos 'n lam, en hy het gepraat soos 'n draak.