PSALMS 79:2
PSALMS 79:2 Bybel vir almal (ABA)
Hulle het die lyke van u dienaars, die liggame van die mense wat in U glo, vir die voëls en die wilde diere gegee om te vreet.
PSALMS 79:2 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Hulle het die lyke van u knegte aan die voëls van die hemel tot spys gegee, die vlees van u gunsgenote aan die wilde diere van die land.
PSALMS 79:2 Afrikaans 1983 (AFR83)
Hulle het die lyke van u dienaars aan die voëls gegee om te vreet, die vleis van u troue dienaars aan die wilde diere.
PSALMS 79:2 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Hulle het die lyke van u diensknegte vir die voëls van die hemel as kos gegee, die vleis van u getroue volgelinge vir die wilde diere van die aarde.
PSALMS 79:2 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Die lyke van u dienaars het hulle gegee as voedsel vir die voëls van die hemel, die vlees van u heiliges vir die diere van die aarde.