PSALMS 62:10
PSALMS 62:10 Bybel vir almal (ABA)
Mense is soos wind, mense beteken niks. Wanneer jy hulle op 'n weegskaal sit, dan sal jy sien hulle weeg niks. Hulle almal saam beteken minder as wind.
PSALMS 62:10 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Ja, nietigheid is die mensekinders, leuens is die aansienlikes; in die weegskaal moet hulle opgaan, almal saam is hulle minder as nietigheid.
PSALMS 62:10 Afrikaans 1983 (AFR83)
Mense is verganklik, mense is niks: op 'n skaal wys hulle geen gewig nie, saam is hulle minder as niks.
PSALMS 62:10 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Net 'n asemteug is die mens, onbetroubaar is mense; op 'n skaal weeg hulle byna niks, saam is hulle ligter as 'n asemteug.
PSALMS 62:10 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Vertrou nie op verdrukking en word nie ydel deur roof nie; as rykdom toeneem, rig jou hart nie daarop nie.