PSALMS 51:3 - Compare All Versions

PSALMS 51:3 ABA (Bybel vir almal)

O God, U moet genadig wees vir my, want U doen altyd wat U belowe het. U is altyd jammer vir u mense, daarom moet U nie meer daaraan dink dat ek opstandig was teen U nie.

PSALMS 51:3 AFR53 (Afrikaans 1933/1953)

Wees my genadig, o God, na u goedertierenheid; delg my oortredinge uit na die grootheid van u barmhartigheid.

PSALMS 51:3 AFR83 (Afrikaans 1983)

Wees my genadig, o God, in u troue liefde, wis my oortredings uit in u groot barmhartigheid!

PSALMS 51:3 AFR20 (Die Bybel 2020-vertaling)

Wees my genadig, o God, volgens u troue liefde; wis my oortredings uit volgens u groot ontferming.

PSALMS 51:3 CAB23 (Contemporary Afrikaans Bible 2023)

Want ek erken my oortredinge, en my sonde is altyd voor my.

PSALMS 51:3 DB (Die Boodskap)

God, wees my genadig. U het tog u kinders baie lief. Vergewe my al my sonde omdat U u kinders oorlaai met arms vol liefde. Vat my verkeerde dade baie ver van my af weg.

PSALMS 51:3 NLV (Nuwe Lewende Vertaling)

Wees my genadig, o God, volgens u troue liefde. Wis tog my sonde uit, op grond van u barmhartigheid.