PSALMS 51:18-19
PSALMS 51:18-19 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
U verlang nie offers nie, anders sou ek dit bring. Selfs brandoffers wil U nie hê nie. Die offer wat U wil hê, o God, is ’n gebroke gees. ’n Gebroke en berouvolle hart sal U nie verwerp nie, o God.
PSALMS 51:18-19 Bybel vir almal (ABA)
want offers is nie vir U belangrik nie, U hou nie daarvan dat ek net brand-offers gee nie. Die offers wat God wil hê, is dat 'n mens jammer moet wees oor sy sonde. O God, U wil hê dat 'n mens sleg moet voel oor sy sonde en jammer wees daaroor.
PSALMS 51:18-19 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Want U het geen lus in slagoffer nie, anders sou ek dit gee; in brandoffer het U geen behae nie. Die offers van God is 'n gebroke gees; 'n gebroke en verslae hart sal U, o God, nie verag nie!
PSALMS 51:18-19 Afrikaans 1983 (AFR83)
'n Offer vra U nie, anders sou ek dit bring; 'n brandoffer wil U nie hê nie. Die offer wat U wil hê, o God, is verootmoediging: U sal 'n hart vol ootmoed en berou nie gering ag nie, o God.
PSALMS 51:18-19 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
U vind immers geen vreugde in slagoffers nie, anders sou ek dit gee; •brandoffers aanvaar U nie. Offers aan God is 'n gebroke gees, 'n gebroke en verpletterde hart sal U, o God, nie minag nie.
PSALMS 51:18-19 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Doen goed na U welbehae aan Sion; bou die mure van Jerusalem. Dan sal jy 'n welbehae hê in die offers van geregtigheid, in brandoffer en volbrandoffer; dan moet hulle bulle op jou altaar offer.
PSALMS 51:18-19 Die Boodskap (DB)
Here, U wil nie hê dat ons U moet probeer vergoed vir alles wat U vir ons doen nie. Anders sou ek dit doen. U vra nie offers van ons nie. Al wat U wil hê, is dat iemand laag voor U buig en kom sê hy is jammer oor sy verkeerde dade. God, U sal nooit iemand wat sleg voel oor sy sonde van U af wegstoot nie.