PSALMS 51:12-13
PSALMS 51:12-13 Bybel vir almal (ABA)
O God, gee vir my 'n nuwe hart wat rein is, maak my gees in my nuut, sodat ek altyd aan U kan behoort. U moenie vir my weggooi nie, U moet altyd by my bly.
PSALMS 51:12-13 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Skep vir my 'n rein hart, o God, en gee opnuut in die binneste van my 'n vaste gees. Verwerp my nie van u aangesig nie en neem u Heilige Gees nie van my weg nie.
PSALMS 51:12-13 Afrikaans 1983 (AFR83)
Skep vir my 'n rein hart, o God, vernuwe my gees en maak my standvastig. Moet my tog nie van U af wegdryf en u Heilige Gees van my af wegneem nie!
PSALMS 51:12-13 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Skep 'n rein hart vir my, o God, vernuwe 'n bestendige gees in my binneste. Moet my tog nie wegdryf uit u teenwoordigheid nie; en moet u •heilige Gees nie van my wegneem nie.
PSALMS 51:12-13 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Gee my die vreugde van U verlossing terug; en ondersteun my met u vrye gees. Dan sal Ek oortreders U weë leer; en sondaars sal hulle tot U bekeer.
PSALMS 51:12-13 Die Boodskap (DB)
Maak my opreg, God! Maak my van kop tot tone nuut sodat ek kan vasstaan. Moet my nie van U af wegstoot nie. Jaag my nooit voor U weg nie. Laat u Goddelike krag ook nie van my af weggaan nie. U krag sorg dat ek doen wat U vra.
