PSALMS 37:3-5 - Compare All Versions

PSALMS 37:3-5 ABA (Bybel vir almal)

Jy moet glo dat die Here sal doen wat Hy belowe het en jy moet goeie dinge doen. Dan sal jy in hierdie land woon en jy sal veilig wees. As jy gelukkig voel omdat jy aan die Here behoort, dan sal Hy vir jou alles gee wat jy wil hê. Jy moet glo dat die Here jou op jou pad sal lei en dat Hy sal doen wat Hy belowe het. As jy dit glo, dan sal Hy dit doen

PSALMS 37:3-5 AFR53 (Afrikaans 1933/1953)

Bet. Vertrou op die HERE, en doen wat goed is; bewoon die aarde en beoefen getrouheid, en verlustig jou in die HERE; dan sal Hy jou gee die begeertes van jou hart. Gimel. Laat jou weg aan die HERE oor en vertrou op Hom, en Hý sal dit uitvoer

PSALMS 37:3-5 AFR83 (Afrikaans 1983)

Vertrou liewer op die Here en doen wat goed is, woon en werk rustig voort. Vind jou vreugde in die Here, en Hy sal jou gee wat jou hart begeer. Laat jou lewe aan die Here oor en vertrou op Hom; Hy sal sorg.

PSALMS 37:3-5 AFR20 (Die Bybel 2020-vertaling)

Vertrou op die HERE en doen die goeie, bewoon die land en waak oor betroubaarheid. Vind jou vreugde in die HERE, dan sal Hy jou gee wat jou hart begeer. Vertrou jou lewenspad aan die HERE toe, vertrou op Hom, en Hy sal optree.

PSALMS 37:3-5 CAB23 (Contemporary Afrikaans Bible 2023)

Vertrou op die HERE en doen goed; so sal jy in die land woon, en voorwaar, jy sal gevoed word. Verlustig jou ook in die HERE; en Hy sal jou gee die begeertes van jou hart. Laat jou weg aan die HERE oor; vertrou ook op Hom; en hy sal dit laat gebeur.

PSALMS 37:3-5 DB (Die Boodskap)

Glo liewer in die Here. Doen goeie dinge vir ander mense. Doen wat jy moet doen, en bly getrou aan die Here. Wees elke oomblik bly dat jy die Here ken. Hy sal sorg dat jy kry wat jy wil hê. Stel jou lewe elke dag in die Here se hand. Vertrou op Hom. Hy sal vir jou sorg.

PSALMS 37:3-5 NLV (Nuwe Lewende Vertaling)

Vertrou op die HERE en doen wat goed is. Woon in die land en geniet veiligheid. Wees bly in die HERE, en Hy sal jou hartsbegeertes aan jou gee. Vertrou jou lewe toe aan die HERE. Vertrou Hom, en Hy sal vir jou sorg.