PSALMS 33:18-20 - Compare All Versions
PSALMS 33:18-20 ABA (Bybel vir almal)
Nee, die Here sorg vir die mense wat Hom dien, die mense wat glo dat Hy sal doen wat Hy belowe het. Hy red hulle van die dood, Hy laat hulle lewe wanneer daar min kos is. Ons weet dat die Here ons sal help, Hy sal ons beskerm.
PSALMS 33:18-20 AFR53 (Afrikaans 1933/1953)
Kyk, die oog van die HERE is op die wat Hom vrees, op die wat op sy goedertierenheid wag; om hulle siel te red van die dood en hulle in die lewe te hou in hongersnood. Ons siel wag op die HERE; Hy is ons hulp en ons skild
PSALMS 33:18-20 AFR83 (Afrikaans 1983)
Dit is die Here wat sorg vir dié wat Hom eer, vir dié wat op sy mag vertrou om hulle van die dood te red en hulle in die lewe te hou in hongersnood. Ons vertrou op die Here: Hy is ons hulp en ons beskermer.
PSALMS 33:18-20 AFR20 (Die Bybel 2020-vertaling)
Kyk, die HERE hou sy oog op dié wat vir Hom ontsag het, op dié wat hulle hoop vestig op sy troue liefde, om hulle lewens van die dood te red en hulle aan die lewe te hou tydens hongersnood. Met ons hele wese wag ons op die HERE; Hy is ons hulp en ons skild.
PSALMS 33:18-20 CAB23 (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Kyk, die oog van die HERE is op die wat Hom vrees, op die wat op sy goedertierenheid hoop; om hulle siel van die dood te verlos en hulle in die lewe te hou in hongersnood. Ons siel wag op die HERE: Hy is ons hulp en ons skild.
PSALMS 33:18-20 DB (Die Boodskap)
Net die Here gee die oorwinning. Hy laat dié mense wen wat Hom eer. Hy sorg vir almal wat op sy liefde vertrou. Elkeen wat van Hom afhanklik is, het Hy baie lief. Hy beskerm jou teen die grootste gevaar, ja, selfs teen die dood. En Hy dra jou deur die grootste probleme. Ons is in alles van die Here afhanklik. Hy help en beskerm ons.
PSALMS 33:18-20 NLV (Nuwe Lewende Vertaling)
Maar die HERE waak oor dié wat Hom dien, oor hulle wat hoop op sy troue liefde om hulle te red van die dood en hulle in hongersnood aan die lewe te hou. Ons vertrou op die HERE om ons te red. Hy is ons hulp en beskerm ons soos ’n skild.