PSALMS 24:7-8
PSALMS 24:7-8 Bybel vir almal (ABA)
Poorte, julle moet wyd oopgaan, deure wat baie oud is, julle moet wyd oopgaan, want die Koning van die konings wil ingaan. Wie is hierdie Koning van die konings? Dit is die Here wat sterk is en wat oorwin, die Here wat oorwin in oorlog.
PSALMS 24:7-8 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Hef op julle hoofde, o poorte, ja, verhef julle, ewige deure, dat die Erekoning kan ingaan! Wie is tog die Erekoning? Die HERE, sterk en geweldig, die HERE geweldig in die stryd.
PSALMS 24:7-8 Afrikaans 1983 (AFR83)
Verbly julle, poorte, wees bly, eeue-oue deure, want die magtige Koning wil ingaan! Wie is hierdie magtige Koning? Die Here, sterk en geweldig, die Here, oorwinnaar in elke stryd.
PSALMS 24:7-8 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Lig op julle koppe, poorte, ja, lig julleself op, ewige ingange, sodat die roemryke Koning kan ingaan. Wie is hierdie roemryke Koning? Die HERE, magtig en heldhaftig, die HERE, heldhaftig in die stryd.
PSALMS 24:7-8 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Verhef julle hoofde, o poorte! en verhef julle, ewige deure! en die erekoning sal inkom. Wie is hierdie erekoning? Die HERE, sterk en sterk, die HERE, sterk in die stryd.