PSALMS 22:26
PSALMS 22:26 Bybel vir almal (ABA)
Here, U laat my 'n lied sing om U te prys daar waar die groot gemeente bymekaar is. Ek sal doen wat ek belowe het, die mense wat Hom dien, sal dit sien.
PSALMS 22:26 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Van U kom my lof in 'n groot vergadering; ek sal my geloftes betaal in teenwoordigheid van die wat Hom vrees.
PSALMS 22:26 Afrikaans 1983 (AFR83)
My loflied in die volle vergadering kom van Hom af, my geloftes sal ek nakom voor die mense wat Hom dien.
PSALMS 22:26 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
U is die rede vir my lofprysing in 'n groot byeenkoms; my geloftes sal ek nakom in die teenwoordigheid van dié wat vir Hom ontsag het.
PSALMS 22:26 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Die sagmoediges sal eet en versadig word; hulle sal die HERE loof wat Hom soek; jou hart sal vir ewig lewe.