PSALMS 19:9-10 - Compare All Versions
PSALMS 19:9-10 AFR83 (Afrikaans 1983)
Die bevele van die Here dui die regte koers aan: dit bring blydskap. Die gebod van die Here is helder: dit gee insig. Die eise van die Here vir sy diens is goed: dit staan altyd vas. Die bepalings van die Here is reg: elkeen van hulle is regverdig.
PSALMS 19:9-10 AFR53 (Afrikaans 1933/1953)
Die bevele van die HERE is reg: hulle verbly die hart; die gebod van die HERE is suiwer: dit verlig die oë. Die vrees van die HERE is rein: dit bestaan tot in ewigheid; die verordeninge van die HERE is waarheid — tesame is hulle regverdig.
PSALMS 19:9-10 NLV (Nuwe Lewende Vertaling)
Die HERE se bevele is reg, dit bring vreugde vir die hart. Die opdragte van die HERE is duidelik; dit gee insig vir die lewe. Die gebooie van die HERE is suiwer, dit bly vir altyd staan. Die HERE se voorskrifte is reg; elkeen van hulle is regverdig.
PSALMS 19:9-10 DB (Die Boodskap)
Die Here se opdragte is baie duidelik. Dit leer jou watter pad die regte een is. En dit maak jou bly as jy op die regte pad loop. As jy die Here dien, bly verkeerde dinge ver van jou af weg. Wat die Here sê, laat jou gesig skitter. Die Here verwag dat sy kinders na Hom moet luister. God se wet geld vir altyd. Dit wys ons hoe om te leef soos God wil hê. Wat Hy sê, is reg. Sy woorde leer jou om reg en regverdig te lewe.
PSALMS 19:9-10 ABA (Bybel vir almal)
Wat die Here beveel, is reg, dit maak 'n mens bly. Wat die Here sê 'n mens moet doen, is regverdig, dit laat 'n mens weet hoe hy moet lewe. Die gebooie van die Here is reg, dit sal altyd waar wees. Wat die Here besluit, is soos dit moet wees, dit is altyd regverdig.
PSALMS 19:9-10 AFR20 (Die Bybel 2020-vertaling)
Die opdragte van die HERE is reg, dit maak die hart bly; die gebod van die HERE is suiwer, dit verhelder die oë. Ontsag vir die HERE is rein, dit hou vir altyd stand; die beslissings van die HERE is waar, dit is almal regverdig.
PSALMS 19:9-10 CAB23 (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Die vrees van die HERE is rein, dit bestaan tot in ewigheid; die verordeninge van die HERE is tesame waaragtig en regverdig. Meer begeerlik is hulle as goud, ja, as baie fyn goud; ook soeter as heuning en heuningkoek.