PSALMS 119:9-12 - Compare All Versions

PSALMS 119:9-12 ABA (Bybel vir almal)

Wat moet jongmense doen sodat hulle kan weet hoe hulle moet lewe? Hulle moet doen wat U sê. Ek wil naby U wees met my hele hart, U moet keer dat ek nie ongehoorsaam is aan u gebooie nie. Ek dink altyd aan wat U gesê het, dit keer my dat ek nie sonde doen teen U nie. Here, ek prys U, U moet vir my leer wat u wette sê.

PSALMS 119:9-12 AFR53 (Afrikaans 1933/1953)

Waarmee sal die jongeling sy pad suiwer hou? Deur dit te hou na u woord. Ek soek U met my hele hart; laat my nie afdwaal van u gebooie nie. Ek het u woord in my hart gebêre, dat ek teen U nie sal sondig nie. Lofwaardig is U, o HERE! Leer my u insettinge!

PSALMS 119:9-12 AFR83 (Afrikaans 1983)

Hoe kan 'n jongmens sy lewe skoon hou? Deur hom te hou aan u woord! Ek wil aan U gehoorsaam wees met my hele hart, laat my nie afwyk van u gebooie nie. Aan u beloftes hou ek vas, dit weerhou my van sonde teen U. Aan U kom die lof toe, Here, leer my u voorskrifte.

PSALMS 119:9-12 AFR20 (Die Bybel 2020-vertaling)

Hoe sal 'n jongmens sy lewenspad suiwer hou? Deur te hou by u woord. Met my hele hart soek ek U; laat my tog nie afdwaal van u bevele nie. In my hart koester ek u woord, sodat ek nie teen U sondig nie. U moet geprys word, HERE! Leer my u voorskrifte!

PSALMS 119:9-12 CAB23 (Contemporary Afrikaans Bible 2023)

BETH. Waarmee sal 'n jongman sy weg reinig? deur daarop ag te slaan volgens u woord. Met my hele hart het ek U gesoek; laat my nie van u gebooie afdwaal nie. Ek het u woord in my hart verberg, dat ek nie teen U sou sondig nie. Geseënd is U, HERE, leer my u insettinge.

PSALMS 119:9-12 DB (Die Boodskap)

Hoe kan ’n jongmens leef soos U wil hê? As hy alles doen wat U sê. Ek het net een doel: om U gelukkig te maak! Help my dat ek alles sal doen wat U wil hê. Moet asseblief nie dat ek u wonderlike pad misloop en begin sonde doen nie. U Woord is diep in die brandkluis van my hart weggebêre. Dit keer dat ek dinge doen waarvan U niks hou nie. Here, U is so wonderlik! Leer my hoe om alles te doen wat U van my vra.

PSALMS 119:9-12 NLV (Nuwe Lewende Vertaling)

Hoe kan ’n jongmens ’n skoon lewe lei? Deur sy lewe in te rig volgens u woord. Met my hele hart soek ek U; moenie dat ek afdwaal van u gebooie nie. Ek het u woord in my hart gebêre sodat ek nie teen U sou sondig nie. Geseënd is U, o HERE; leer my u voorskrifte.