SPREUKE 8:7-9
SPREUKE 8:7-9 Afrikaans 1983 (AFR83)
Ek praat net die waarheid, ek het 'n afsku van wat verkeerd is. Elke woord uit my mond kan die toets deurstaan, nie een het 'n verkeerde of vals bedoeling nie. Mense wat insig het, weet dat ek reguit praat, wie die kennis het, weet wat ek sê, is reg.
SPREUKE 8:7-9 Bybel vir almal (ABA)
Ja, ek sal die waarheid praat, ek haat verkeerde dinge. Alles wat ek sê, is reg. Niks wat ek sê, is vals en verkeerd nie. Mense wat wil leer en wil verstaan, sal weet dat al my woorde eerlik en reg is.
SPREUKE 8:7-9 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Want my verhemelte spreek waarheid, en goddeloosheid is vir my lippe 'n gruwel. Al die woorde van my mond is reg, daarin is niks wat slinks of vals is nie, hulle is almal duidelik vir die verstandige en reg vir die wat kennis gevind het.
SPREUKE 8:7-9 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Want die waarheid, dit verkondig my mond, en afstootlik vir my lippe is goddeloosheid. Wat reg is, kenmerk al die woorde uit my mond, niks daarin is geslepe of verdraai nie; dit is alles duidelik vir wie insig toon, en gepas vir hulle wat kennis verwerf.
SPREUKE 8:7-9 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Want my mond sal waarheid spreek; en goddeloosheid is 'n gruwel vir my lippe. Al die woorde van my mond is in geregtigheid; daar is niks verkeerd of pervers in hulle nie. Hulle is almal duidelik vir die verstandige, en reg vir die wat kennis vind.
SPREUKE 8:7-9 Die Boodskap (DB)
Elke woord is die waarheid, want ek haat leuens. My woorde gee jou ’n goeie kennis van die lewe. Daar is werklik niks kroms of skeefs daaraan nie. Geen geheime agendas, magspeletjies of wat ook al nie. Net egte lewenswaarhede. Gaan vra maar vir hulle wat reeds wys leef en gelukkig is. Hulle sal weet my woorde is waar.