SPREUKE 16:18 - Compare All Versions

SPREUKE 16:18 ABA (Bybel vir almal)

Wanneer iemand hoogmoedig is, dan sal dit gou sleg gaan met hom, wanneer hy dink dat hy beter is as ander mense, dan sal hy gou val.

SPREUKE 16:18 AFR53 (Afrikaans 1933/1953)

Trotsheid kom voor die verbreking, en hoogmoed kom voor die val.

SPREUKE 16:18 AFR83 (Afrikaans 1983)

Op hoogmoed volg ondergang, op selfverheffing volg die val.

SPREUKE 16:18 AFR20 (Die Bybel 2020-vertaling)

Voor ineenstorting is daar trots, en voor die val is daar 'n hooghartige gees.

SPREUKE 16:18 CAB23 (Contemporary Afrikaans Bible 2023)

Hoogmoed gaan voor vernietiging, en 'n hoogmoedige gees voor 'n val.

SPREUKE 16:18 DB (Die Boodskap)

Wie dink hy is beter as ander, word verneder. Trots lei tot ondergang.

SPREUKE 16:18 NLV (Nuwe Lewende Vertaling)

Hoogmoed lei tot ondergang. Hooghartigheid kom net voor die val.