SPREUKE 14:10 - Compare All Versions

SPREUKE 14:10 AFR83 (Afrikaans 1983)

Net 'n mens self ken die bitterheid van sy eie gemoed, en ook in sy vreugde kan niemand anders voluit deel nie.

SPREUKE 14:10 AFR53 (Afrikaans 1933/1953)

Die hart ken sy eie verdriet, en in sy blydskap kan 'n ander hom nie meng nie.

SPREUKE 14:10 NLV (Nuwe Lewende Vertaling)

Net ’n mens self verstaan die bitterheid in sy hart. Niemand anders kan sy vreugde voluit deel nie.

SPREUKE 14:10 DB (Die Boodskap)

Elke mens het sy eie swaarkry. Niemand weet daarvan nie. Vreemdes weet ook nie wat hom bly maak nie.

SPREUKE 14:10 ABA (Bybel vir almal)

'n Mens self weet hoe ongelukkig hy is, net hy weet dit, en niemand anders kan regtig weet hoe bly hy is nie.

SPREUKE 14:10 AFR20 (Die Bybel 2020-vertaling)

Die hart ken sy eie bitterheid, en in sy vreugde kan 'n buitestander nie deel nie.

SPREUKE 14:10 CAB23 (Contemporary Afrikaans Bible 2023)

Die hart ken sy eie bitterheid; en 'n vreemdeling meng hom nie met sy blydskap nie.