SPREUKE 11:9-10
SPREUKE 11:9-10 Bybel vir almal (ABA)
'n Mens wat nie die Here dien nie, praat sleg oor ander mense, hy wil hulle laat sterf, maar mense wat reg doen, weet hoe hulle moet lewe, en hulle hou aan om te lewe. Die mense in 'n stad is bly wanneer dit goed gaan met die mense wat reg doen, en hulle juig wanneer die mense sterf wat verkeerd doen.
SPREUKE 11:9-10 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Deur die mond stort die roekelose sy naaste in die verderf, maar deur kennis word die regverdiges gered. Oor die voorspoed van die regverdiges jubel 'n stad, en as die goddelose omkom, is daar gejubel.
SPREUKE 11:9-10 Afrikaans 1983 (AFR83)
'n Godlose mens laat 'n ander te gronde gaan met wat hy sê; mense wat aan God gehoorsaam is, word deur hulle kennis gered. 'n Stad juig oor die voorspoed van regverdiges en jubel wanneer die goddeloses te gronde gaan.
SPREUKE 11:9-10 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Met die mond vernietig 'n ongelowige sy medemens, maar deur kennis word regverdiges bevry. Oor die voorspoed van regverdiges is 'n dorp verheug, en wanneer goddeloses ten gronde gaan, is daar jubelkrete.
SPREUKE 11:9-10 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
'n Geveinsde met sy mond vernietig sy naaste, maar deur kennis sal die regverdige gered word. As dit met die regverdiges goed gaan, is die stad bly; en as die goddelose omkom, is daar gejuig.