FILIPPENSE 4:13-14
FILIPPENSE 4:13-14 Bybel vir almal (ABA)
Christus gee vir my die krag om enige iets te doen, maar julle het die regte ding gedoen toe julle my gehelp het toe ek swaargekry het.
FILIPPENSE 4:13-14 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Ek is tot alles in staat deur Christus wat my krag gee. Nogtans het julle goed gedoen toe julle deel gehad het in my verdrukking.
FILIPPENSE 4:13-14 Afrikaans 1983 (AFR83)
Ek is tot alles in staat deur Hom wat my krag gee. Nietemin het julle goed gedoen deur my in my moeilike omstandighede by te staan.
FILIPPENSE 4:13-14 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Tot dit alles is ek in staat deur Hom wat my krag gee. Nogtans was dit goed van julle om in my swaarkry te deel.
FILIPPENSE 4:13-14 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Ek is tot alles in staat deur Christus wat my krag gee. Nieteenstaande het julle goed gedoen, dat julle met my ellende gekommunikeer het.
FILIPPENSE 4:13-14 Die Boodskap (DB)
Vir alles in die lewe, die goeie of die slegte, sien ek kans omdat Jesus my bron van krag is. Moet my asseblief nie misverstaan nie. Dit was baie mooi van julle om my te help toe dit maar sleg met my gegaan het.