NUMERI 8:24
NUMERI 8:24 Bybel vir almal (ABA)
“Daar is 'n wet, en al die Leviete moet gehoorsaam wees aan die wet. Die wet sê dat elkeen wat 25 jaar oud of ouer is, die werk moet kom doen in die tent waar Ek aan die Israeliete verskyn
NUMERI 8:24 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Dit is die saak wat die Leviete betref: Van vyf-en-twintig jaar oud en daarbo moet hy kom om sy plig te vervul by die dienswerk van die tent van samekoms.
NUMERI 8:24 Afrikaans 1983 (AFR83)
“Wat die Leviete betref, hulle moet vyf en twintig jaar of ouer wees voordat hulle hulle ampsplig in die tent van ontmoeting kan kom vervul.
NUMERI 8:24 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
“ Die volgende geld vir die Leviete: 'n Leviet van vyf-en-twintig jaar en ouer moet ingaan om verpligte diens te doen by die take in die Tent van Ontmoeting.
NUMERI 8:24 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Dit is dit wat aan die Leviete behoort: van vyf en twintig jaar oud en daarbo moet hulle ingaan om die diens van die tent van samekoms te bedien.